Women on the Move: Ontmoet Phoebe Pretorius

0
933

The world is run by WOMEN. Strong, brave, courageous, witty, kick-ass women. The City of Roses boasts some of the toughest, most compassionate and most inspiring female leaders you’ll ever come across. This month, Get It celebrates these leaders and their superpowers. Because, let’s face it, we’re not just businesswomen. We are mothers, daughters, caretakers, wives, cooks, cleaners, teachers and motivators. We are invested in our communities, and care for those who need a mother’s love. We look at the future while tending to the present with grace and attention to detail. We do it all, with added vava-VOOM for those extra curve balls life throws at us.

In this year’s Get It Women on the Move feature, Vodacom is at the forefront, celebrating this team of strong women with us. Visit www.vodacom.co.za for details on all it has on offer.

Ontmoet Phoebe Pretorius

Vir Phoebe Pretorius is goeie gesondheid en lewenskwaliteit – haar eie en dié van ander – iets wat haar absolute dryfkrag in die lewe is. Sy is die eienaar van Lasting health and Slim, Pure Smile, en vennoot in Lasting Ren-opleidingskool vir alternatiewe geneeskunde. Sy is ‘n gekwalifiseerde terapeutiese refleksioloog, kinesioloog en aromaterapeut, asook ‘n verslankingskonsultant. Sy het verder ‘n D.Nat (Med) kwalifikasie in alternatiewe geneeskunde.

Sy werk in ‘n fassinerende veld van geneeskunde. “Deur die refleksiologie “vakuumboot”-evaluasie, wat nie net ‘n evaluering is nie, maar ook ‘n behandeling, kan vasgestel word of daar enige toestande in die liggaam is waarna gekyk moet word. Refleksiologie en aromaterapie word ook gebruik vir holistiese behandeling – vir bloedsirkulasie, limfbehandeling, diabetes, ontspanning, depressie en die verlaging van hoë bloeddruk,” verduidelik Phoebe. Deur gebruik te maak van aromaterapie word geestelike en liggaamlike behandeling met olies en alternatiewe medikasie gedoen.

Sy verskaf ook haar eie kruiemedikasie as alternatiewe geneesmiddels. “Ek behaal ook groot sukses met die behandeling van beroertepasiënte met suikersiekte.” Sy werk ook met kankerpasiënte, wat ideembehandeling en limfdreinering insluit. Haar werk is haar roeping, omdat sy mense help om hul menswaardigheid te herstel. Sy is oortuig daarvan dat sy die gawe van genesing van God ontvang het, en doen haar werk ter ere aan Hom. “Hy seën my werk elke dag. Ek hou van mense en my werk gee my energie.”

Buite haar werkplek is sy baie betrokke by gemeenskapwerk en uitreikaksies. Sy bring ook graag tyd deur saam met haar man en kinders, en is veral lief daarvoor om kuns saam met
haar dogter te doen. Sy is ook ‘n bok vir sports, en hou van bootry, jetski en ander soorte watersport.

073-196-7695
[email protected]

Advertisement