Women on the Move: Ontmoet Retha van Zyl

0
454

The world is run by WOMEN. Strong, brave, courageous, witty, kick-ass women. The City of Roses boasts some of the toughest, most compassionate and most inspiring female leaders you’ll ever come across. This month, Get It celebrates these leaders and their superpowers. Because, let’s face it, we’re not just businesswomen. We are mothers, daughters, caretakers, wives, cooks, cleaners, teachers and motivators. We are invested in our communities, and care for those who need a mother’s love. We look at the future while tending to the present with grace and attention to detail. We do it all, with added vava-VOOM for those extra curve balls life throws at us.

In this year’s Get It Women on the Move feature, Vodacom is at the forefront, celebrating this team of strong women with us. Visit www.vodacom.co.za for details on all it has on offer.

Ontmoet Retha van Zyl

As eienaar/prinsipaal van haar eie suksesvolle eiendomsagentskap, Retha van Zyl Real Estate, lê Retha ‘n ekstra dosis selfdissipline en uitnemendheid aan die dag. Ná jare in die bedryf het die korporatiewe identiteit van die agentskap onlangs ‘n nuwe baadjie gekry. “Ek is opgewonde oor die vars en kreatiewe wyse waarop my onderneming uitgebeeld word. Dit versinnebeeld die uniekheid, kwaliteit en leefstyl van die gebied waar ek eiendom bemark.”

Retha is verantwoordelik vir administrasie, finansies en bemarking. Sy doen ook  waardebepaling van eiendom in Woodland Hills Wildlandgoed, gee advies rakende markgereedheid, stel beskikbare eiendom aan voornemende kopers bekend, onderhandel aanbiedinge en bestuur koopkontrakte. “Ek fokus ook op naverkopediens aan kopers én verkopers, en behartig skakeling met diensverskaffers, insluitende prokureurs, argitekte, bouers en ander kontrakteurs.”

Sjoe, wat ‘n mondvol. Maar dit alles is vir Retha net ‘n groot plesier. “Ek kry daagliks die geleentheid om drome te bewaarheid in die pragtige Woodland Hills Wildlandgoed! My kliënte is elkeen uniek en ek geniet dit om na die behoeftes van kopers sowel as verkopers
om te sien.” Retha se unieke sterk punte word gereflekteer in haar beroep. “Ek is  opgewonde oor elke aspek van my beroep. Ek geniet dit om die waarde van ‘n eiendom te
bepaal en kan met trots getuig dat die meeste van my transaksies beklink word binne 5% van die vra-prys.”

Haar man, Wikus, is haar rots en sonder sy ondersteuning sou Retha nie haar passie voluit kon leef nie. Retha glo in harde werk, maar ook gehalte-rus. “My foon word afgeskakel op
Sondae en hierdie dag is net my en Wikus s’n. Ek sit graag kruisbeen op die vloer, hou van braaivleis, die natuur en goeie flieks.”

www.rethavanzyl.co.za • 083-451-0511
[email protected]

Advertisement