Women on the Move: Ontmoet Salomé Reizis

0
731

The world is run by WOMEN. Strong, brave, courageous, witty, kick-ass women. The City of Roses boasts some of the toughest, most compassionate and most inspiring female leaders
you’ll ever come across. This month, Get It celebrates these leaders and their superpowers. Because, let’s face it, we’re not just businesswomen. We are mothers, daughters, caretakers, wives, cooks, cleaners, teachers and motivators. We are invested in our communities, and care for those who need a mother’s love. We look at the future while tending to the present with grace and attention to detail. We do it all, with added vava-
VOOM for those extra curveballs life throws at us.

In this year’s Get It Women on the Move feature, Vodacom is at the forefront, celebrating this team of strong women with us. Visit www.vodacom.co.za for details on all it has on offer.

Ontmoet Salomé Reizis

Salomé Reizis staan haar (hoëhak)skoene vol in ‘n wêreld wat deur mans gedomineer word. Sy is die eienaar van Reizis Square, Fillup vulstasie en geriefswinkel, en bou ook aan haar eie eiendomsportefeulje. Sy is voorbok in verskeie nuwe, opwindende ontwikkelings (onder meer ‘n splinternuwe, enig-in-sy-soort Pick n Pay-sentrum by Reizis Square). Die gewilde Reizis Square Nite Market is ook onder haar vlerk.

Dit is Salomé se taak (en groot passie) om seker te maak dat haar besighede groei en floreer in die toekoms, terwyl sy tred hou met nuwe uitdagings en tendense in die mark.
“Ek is absoluut gek daaroor om vervalle geboue te verander in kreatiewe, funksionele ruimtes wat uniek is. Ek ken nie ‘n vervelige dag nie…”

Salomé is uitgeknip vir die kompleksiteit van haar werk, omdat sy lojaal en betroubaar is. “Indien ek aan ‘n kliënt ‘n belofte maak, hou ek by my belofte – maak nie saak hoe ver die ekstra myl moet wees nie.”

Voor haar man, Stylianos, se dood ‘n klompie jare gelede, was sy ‘n huisvrou en moes sy noodgedwonge inspring om al sy besighede oor te neem. “Ek was vir baie jare in  oorlewingsrat en voel nou eers reg om aan ‘n nuwe hoofstuk te begin skryf.”

Die lesse wat sy by haar ouers geleer het is meer waardevol as goud. Sy onthou hoedat haar pa vir haar ‘n werk gereël het by die weermag, en sy teësinnig dit geneem het. “Op die ou einde was ek vir byna vier jaar in die staande mag. As ek vandag terugkyk, sou ek nooit alles kon doen wat ek vandag doen as dit nie vir daardie jare in die weermag was nie. ‘n Mens se ouers wéét maar net.”

051-433-3061
Torbetstr 1, Noordhoek, Bloemfontein

Advertisement