Home Lifestyle & Travel Home & Garden Argitekpaar se klein paradys in die middel van die Rosestad

Argitekpaar se klein paradys in die middel van die Rosestad

In die middel van die Rosestad skuil ‘n woning wat geen skeiding tussen natuur en muur het nie. Welkom by argitekpaar, Jan en Petria Smit, se klein paradys.

Foto’s: WILLEM JANSE VAN VUUREN

“Hierdie huis is uniek en enig in sy soort, want dit is spesifiek vir óns ontwerp. Dié huis praat ons taal, en ons lééf hier.” So gesels Petria Smit. Sy en haar man, Jan Smit, is albei argitekte by hul eie firma, Smit Argitekte, en is ook dosente in argitektuur aan die Universiteit van die Vrystaat. Bykans twee dekades gelede het die Smit-egpaar ‘n stukkie grond gekoop teenaan Grants Hill (naby Naval Hill) en hul huis daar begin bou. Wat hierdie
huis so besonders maak, is dat dit as ‘n uitvloeisel van die natuur gesien kan word. Geen boom, blom, tak, blaar of klip is versteur om dié modern gesinshuis daar te bou nie. Elke balkon, vloer, muur en dak is rondom die natuur gebou, en vandag lê dié tuiste meer geborge tussen die bosse as ooit tevore. Dis asof die aarde dit oor die jare heen liefgekry en omhels het en as’t ware deel gemaak het van sy magiese bestaan. Die kleure, teksture en material wat destyds gebruik is met die bou van die huis, is met sorg gekies om as uitvloeisel van die natuur te dien. Reusevensters, glasdeure en deursigtige mure en loop-oppervlakke maak die huis geheel en al oop terwyl dit ook ‘n gevoel van ruimte skep.
Weens die hoë mure, dubbelvolume en strome natuurlik lig wat die huis binnekom, is ‘n mens geensins bewus van die huis se taamlike klein vloerruimte nie.

- Advertisement -

Dit voel oop en ruim. “Ons hou glad nie van gordyne nie. En ons het dit ook nie nodig nie –dit is so privaat hier by ons, ons weet nie eers van ons bure nie. Solank daar net nie iets is wat ons uitsig oor die natuur belemmer nie,” sê Jan. Die kombuis vorm ‘n middelpunt van die huis wat uit alle dele gesien kan word. Daar is geen deel in die huis wat heeltemal afgesonder is nie –alles vloei inmekaar en die huis spreek boekdele van ‘n hegte gesin wat liefhet en mekaar geniet. Die egpaar se twee studentekinders is onlangs uit die huis. Jan en Petria onthou hoe hul kinders veral kleintyd dié unieke huis met al sy interessanthede geniet het. “Die rotse, bome en veld rondom ons het gesorg vir ure se avontuur vir die kinders en hul maats. Selfs toe hulle tieners was,m was die vloei van die huis gepas… behalwe dat ons toe baie meer bewus was van ‘n geraas wat tieners soms maak!” skerts Petria. ‘n Groot bron van inspirasie van die huis se ontwerp, spruit uit historiese kuns. Jan besit meubels wat ontwerp is in 1917 deur die Hollandse argitek, Rietveld. Hy het leerstoele wat afkomstig is uit die 1929-Bauhaustydperk in Wasili, asook ‘n lêstoel deur Le Corbusier uit 1929. Verskeie van die Smit-egpaar se huisontwerpe – insluitend hul eie huis – het oor die jare heen in gesogte glanstydskrifte verskyn en ook die gewilde televisieprogram, Top Billing, gehaal. Gaan loer na meer van Smit Argitekte se ontwerpe by www.smitarchitects.co.za

Jan en Petria Smit

- Advertisement -

Must Read

Must-have travel essentials to pack for your next trip 

Ready for the end-of-year holidays? We sure are!  Whether you are ticking off an overseas destination on your travel bucket list or keeping your trip...

The ultimate kits for the ultimate holiday

Holidays. We love them. But they do come with challenges. Spilt champagne (so much more angst than milk) or gammon glaze on your best dress....

12 reasons to relax in the KZN South Coast this holiday

Summer is here and the holidays are beckoning! Now is the time to start planning that year-end, family holiday and where better to relax...

Your Christmas lust list starts here …

Metime natural scented soy wax candles in six fragrances (love Three Wise Men for Christmas), R450 each, R250 for discovery set. Made locally, and...

Archie: The remarkable story of Cary Grant

BAFTA Award-winning and Academy Award-nominated screenwriter and executive producer Jeff Pope brings the remarkable, little-known story of the formative years of Hollywood superstar Cary...