WEN een van twee kassies De Krans Chenin blanc

0
260

Chenin blanc word vandag so eie aan Suid-Afrika beskou soos sonskyn, biltong en braaivleis.

Hierdie wit kultivar het reeds baie ver gevorder van die dae toe dit êrens tussen sauvignon blanc en chardonnay deur die krake geval het, sonder verbeelding en sonder ‘n groot groep volgelinge. Vandag is dit ’n veelsydige en spoggerige kultivar wat al hoe meer op wynrakke en –lyste voorkom en glad nie terugstaan vir die immer gewilde sauvignon blanc nie. Wat chenin blanc as a kultivar so spesiaal maak is dat hy soos die spreekwoordelike verkleurmannetjie, verskeie style aanneem en omhels en in die proses sy pragtige karakter onthul. Die belangrikste is dat jy die styl ontdek waarvan jy die meeste hou – dis op sigself ’n wonderlike reis van ontdekking en verkenning.

 

De Krans Wines buite Calitzdorp bied hierdie gewilde witwyn in ’n unieke boetiekstyl aan, een vol geure van ryp tropiese vrugte, ryp piesang, koejawel en grenadella, en lemmetjie. Dis ’n wyn met ’n heerlike mondgevoel en ’n vars suur wat tot ’n talmende nasmaak lei. Dit staan bekend as die De Krans Free Run Chenin Blanc omdat dit van suiwer vryloopsap gemaak is en daarom bied dit meer intense vrugtegeure en kompleksiteit. Die wyn is lig genoeg om, lekker koud, op sy eie geniet te word, maar werk ook puik saam met somerslaaie en seekosgeregte.

 

Die De Krans Free Run Chenin Blanc is ook nie net puik waarde vir geld nie, maar dit het reeds sy staal getoon in kompetisies soos vanjaar se GOLD Wine Awards en Gold Winner Ultra Value Challenge waar dit met goud beloon is.

 

Nes chenin blanc kom De Krans Wines ook reeds ’n lang pad. Vir lank was hierdie privaat-kelder in die Klein Karoo slegs bekend as een van Suid-Afrika se voorste portwynprodusente, maar sedertdien het talle toekennings hom ook ’n benydenswaardige reputasie op die gebied van tafelwyne gegee, wyne soos sy Portugese droë rooiwyn vlagskip Tritonia Calitzdorp Blend en gewilde Moscato-reeks. Terwyl daar steeds wêreldklas-portwyne gemaak word, is De Krans vandag bekend vir veel meer.

 

Die De Krans Free Run Chenin Blanc 2019 kos sowat R70 per bottel. Dit vorm deel van die landgoed se Klassieke Kultivar-reeks wat ook die Pinotage Rosé, Wild Ferment Chardonnay en Basket Press Cabernet Sauvignon insluit.

Enter now!

De Kraans Style

 

Besoek www.dekrans.co.za vir meer inligting oor die landgoed se wynreeks en ander aanbiedings en vind ook uit oor hoe om by die Wine Club of De Krans Wines aan te sluit, of vir sosiale media-besonderhede.

 

Advertisement