Home Lifestyle & Travel Lifestyle Kom ons klink 'n glasie op KolleGin

Kom ons klink ‘n glasie op KolleGin

‘n Grappie wat oornag ‘n suksesstorie geword het, bring nuwe betekenis aan ‘mooi drankies’ wanneer drie geurige, lewenslustige gin-vervaardigers uiting gee aan hul kreatiwiteit.

KolleGin-entrepreneurs, Annel Oosthuizen, Erina Cillié-du Preez en Elizma Maritz
maak nie net ‘n heerlike glasie gin (of soos onder taalpuriste bekend, jenewer)
nie, maar bring iets vir die connoisseursoog en -smaak na die tafel. Die unieke
smaak en kwaliteit van die gin wat dié drie vroue produseer, beskryf nie net die
drie vroue nie, maar ook die unieke smaak en kwaliteit van die gin wat hulle
produseer. Vroue word dadelik aangetrek deur die pragtige drankie, en wanneer dit
boonop soos heuning op die tong val, praat dit met die vroulike DNA. “Ek is
nie ‘n groot drinker nie,” vertel Elizma, “maar toe ek en Annel een aand saam
braai, maak Annel die mooiste glasie gin met allerande bessies en blare in. Dié
pragtige drinkie het my onmiddellik bekoor. Annel maak toe ‘n grap, ‘ons kan
ons eie gin vervaardig’, en so word die idee om ons eie gin-reeks te vervaardig ‘n
werklikheid.”

Erina, wat eintlik ‘n wynmaker met goeie boerderykennis is, het aan boord
gekom en dit was die begin van groot dinge vir dié drie ambisieuse mammas.
KolleGin is vir die eerste keer bekendgestel op die 2018-BruidSkou in Bloemfontein, en later in dieselfde jaar by die Vrystaat Kunstefees. “Die terugvoer het ons wildste drome oortref. Ons was absoluut in verwondering oor die reaksie van die mense van Bloem. Wat ons handelsmerk so spesiaal maak, is dat ons nie net op gin fokus nie, maar eeder op die
vrou en vrouwees. Vir ons gaan dit om die mooi. Ons maak dit mooi en dít maak KolleGin
so spesiaal. Baie vroue het eers gedink dat KolleGin badskuim is omdat dit so mooi verpak
is,” lag Annel.

- Advertisement -

Wat meer wil ‘n vrou hê? Sy kan ‘n glasie gin geniet en terselfdertyd goed voel oor haarself.

Die drie Bloemfontein-vriendinne staan vir niemand terug wanneer dit by hul passie kom
nie. Gin-vervaardiging is ‘n dominante bedryf in die manswêreld, maar hulle laat nie op hulle wag nie. “Ons maak ons gin spesifiek vir die vrou en dit onderskei ons van ons manlike eweknieë. Ons handelsmerk draai om vroue en wat vir hulle mooi en aanloklik is;
hulle is ons teikenmark,” verduidelik Elizma. Volgens die drie is hulle nie sku vir kompetisie nie, hulle is hier om iets lekkers saam te doen en pret daarmee te hê. Elizma sê, “Ons doen dit nie om geld te maak nie. Ons demonstreer daarmee ons liefde om iets moois te maak en dit met die mense daarbuite te deel.” Vandag se vrou het die begeerte om jonk te voel en te lyk, daarom is besluit op die naam KolleGin. Vir die drie vriendinne bind dit die beste van albei wêrelde mooi saam in een pakket.

KolleGin kom in vier geure: Rosé, wat ‘n mooi pienk skynsel het en baie romanties
voorkom; Chocmint, wat ‘n baie vars smaak het; Original, gesofistikeerd, sag en
met prominente gingeure, en laastens Rooibos, wat trots Suid-Afrikans is met
bekende heuning-en-rooibos- geure. “Ons is mal oor die Chocmint-gin, net
omdat daar geen ander gin-handelsmerk daar buite is wat dieselfde geure in gin
gebruik nie,” spog Erina. Die KolleGin-vroue vervul nie net die rol van ma-wees nie maar is ook sakevroue wat ‘n doel in die lewe wil bereik en ‘n impak wil maak. “Die eerste ding wat
ons altyd vir mekaar sê, is om op jouself te fokus en nie op ander of op die
kompetisie nie. Jy moet jou eie identiteit uitleef.” Die geesdrif wat die drie uitstraal, borrel oor. “Ons is altyd entoesiasties en verskriklik trots op wat ons bereik het. Ons sien uit na die toekoms. Vir ons is dit ‘gaan groot of gaan huis toe’. Die volgende stap is die maan.”
Nog ‘n produk wat deur KolleGin verkoop word, is kollageenpoeier, wat deesdae
baie gewild onder vroue is. Kollageen is ‘n eetbare proteïn wat menslike vel
van binne af laat gloei. Wat meer wil ‘n vrou hê? Sy kan ‘n glasie gin geniet en
terselfdertyd goed voel oor haarself.

Text: SUANNE ENGELBRECHT Photos : Elizabeth J photography

- Advertisement -

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

Must Read

Hit the road on a self-drive 4×4 vacation…

If the thought of exploring South Africa on a self-drive 4x4 trip to discover magical off the beaten track destinations - in a most...

Artist: How to choose the right artwork to enter

Winning the Sasol New Signatures Art Competition is something every up-and-coming artist strives for. “Every year we receive hundreds of entries, but sadly, only a few of...

A maker of amazing things

LJ Kilian is a maverick, rebel, rule breaker – all traits that led him to open his own makerspace called Roes Boer, where he...

Happy retirement…

Make a conscious choice to view this as the Summer of your life and you’ll find it the most wonderful season of all. As it...

Posh tents and fine dining

Taking canvas to a new, luxe level ... if this is camping, we’re all in!To be honest, a tent, a canvas camp bed and...