Home People Johane' Borchard is geskape om te skep

Johane’ Borchard is geskape om te skep

Die 29-jarige Johané Borchard, vandag mode-ontwerper, kunstenaar en gevoelsmens met‘n groot skeppingsdrang het opgegroei in ‘n huis met entoesiastiese kunsliefhebbers as ouers.

Die sprankelende Johané is haar lewe lank ‘n Bloemfonteiner en het hier grootgeword saam met twee broers en ‘n suster. “Ons het gereeld kunsuitstallings by ons huis gehou. Ons spot steeds en sê daar’s nie ‘n muur sonder skilderye in my ouers se huis nie, maar dis die waarheid,”vertel sy.

Met pa as dokter en ma as regsgeleerde is sy taamlik “akademies grootgemaak”, verduidelik sy, en het sy oorspronklik besluit om B.Rek te studeer. “Dit was ‘n fout; ek het my kursus verander na argitektuur en hoewel ek drie jaar later graad gevang het, het ek besef dat dit nie is wat ek eintlik graag wou doen nie.”

- Advertisement -

Direk ná haar studies het sy begin om klere aan te koop in Johannesburg en dit in ‘n klein winkeltjie langs haar pa se praktyk verkoop terwyl sy self ook begin klere en oorbelle maak het. In daardie tyd het sy haar trouman ontmoet en haar in Kimberly bevind vir 11 maande. “Ter wille van die liefde doen mens mos maar snaakse dinge,” lag sy. Terug in Bloemfontein, nuut getroud, sonder werk, sonder inkomste, swanger en met geen idee wat die toekoms vir haar en haar man, Dieter, inhou nie, byt die ontwerp-gogga Johané behoorlik.

Sy het begin klere maak; eers maar min. Die oggend voor die geboorte van Chase, haar bestie soos sy hom noem, was sy nog besig om strooimeisierokke af te laai. “My eerste matriekafskeid-seisoen het ek dwarsdeur gewerk, ure aanmekaar, met ‘n nuutgebore babatjie en stoksielalleen. Drie uur lank gewerk, dan geborsvoed, dan weer drie
uur lank gewerk, en weer geborsvoed. Die son kom op; die son gaan onder! Wonderlike tyd van my lewe. Ek sal dit vir niks verruil nie. Want toe het ek besef – dít is wat ek wil doen. Skep. Ontwerp. Alle ure en in alle omstandighede. Ek het ‘n stikster ingekry; later twee. My klein besigheidjie het so gegroei, ek kon party dae nie glo hoe besig ons was nie.”

Johané neig natuurlikerwys na die kreatiewe dinge in die lewe. Volgens haar het sy altyd geweet dat sy in dié lyn wil ingaan, maar sy het lank gesukkel om haar voete te vind.

“Mens moet jouself daagliks ‘re-evaluate’ en saam met nuwe neigings en idees groei. Dit klink erg na ‘n cliché, maar mens kies nie werklik dié beroep nie–ditkiesjóú,”sêJohané.

Op die vraag hoe sy haar styl sou beskryf, sê Johané, “Ek het maar ‘n snaakse persoonlike styl en weet dit wat ek gewoonlik geniet is nie vir almal nie. Ek glo ons beweeg in ‘n seisoen van twee uiterstes – jou neutrale aardste kleure is steeds dominant maar lekker vibrant kleure neem so bietjie oor. Moenie bang wees om kleure wat pop in jou kas, in te werk nie. Kry ‘n paar feature items en bou om hulle. Moet ook nie bang wees vir kleur op kleur nie (geel op geel of blou op blou nie). En belangrikste – wat ook al jy aantrek – maak seker jy’s gemaklik, wat dit ook al vir jou beteken. Dis dán dat jy jou beste uitstraal,” sluit sy af.

Johané het op die oomblik nie ‘n winkel wat mens persoonlik kan besoek nie, maar sy hoop om binnekort ‘n studio aan die gang kry. Vir meer oor haar ontwerpe en kuns, besoek haar op Instagram @jo._create en op Facebook onder Jo by Wild Flower.

Teks en foto’s: PIERCE VAN HEERDEN

 

- Advertisement -

Must Read

5 wrapping tips to make your Christmas gifts spectacular!

Scrolling through Pinterest looking for gift wrapping tips to help make your Christmas presents look like they’ve been put together by Santa’s little elves?...

Out & About December

There is so much to do in Bloemfontein this festive season, be sure to mark your calendars and enjoy the holiday season and all...

COVER SEARCH 2023 WINNERS: Boitumelo Molongoana & Jonica Oosthuizen

Get It Bloemfontein, made beautiful by Kryolan Free State, have searched and they have found: We bring you 2023 Get It Cover Search winners,...

The ins and outs of co-sleeping with your kids

Co-sleeping is common in many parts of Africa, including South Africa. Co-sleeping is when parents share a bed with their young infant or child....

Festive Spoil

Byzance - A magical fragrance from Rochas Paris An enchanting juice. An opulent bottle. An atmosphere of light, mystery and magic. Byzance is an oriental...