Home People Mooi in ‘n ‘oogwink’

Mooi in ‘n ‘oogwink’

Die skeppende oog agter die mooiste wenkbrou in die stad, Jeakita Holder, is in Kaapstad gebore, maar is reeds ‘n gesoute Vrystater van 15-jarige ouderdom af.

Vir solank Jeakita Holder kan onthou, doen sy hare en grimering vir haar vriende vir danse of spesiale geleenthede. Van daar af het dit stadig ontwikkel totdat sy hul hare en grimering gedoen het vir hul troues. Die volgende stap was natuurlik om ‘n gekwalifiseerde grimeerkunstenaar te word – en dit is dan ook wat sy gedoen het. Jeakita het ‘n basiese kursus geloop in wenkbrouvorming en wenkbrou-threading, ‘n tradisionele behandeling waar ‘n haartangetjie gebruik word om haartjies een vir een uit te pluk, dit alles om haar tyd te verwyl gedurende die week wanneer sy nie grimeer-afsprake met kliënte gehad het nie. “Ek het onmiddellik ‘verlief geraak’ op wenkbroue en op die ou end ‘n kursus voltooi in microblading by die Cherryink-skoonheidsgroep. Dis hier waar my loopbaan in permanente grimering begin het.”

Jeakita se eerste kwalifikasie as grimeerkunstenaar het sy behaal deur Qualitas Akademie. “Ek het die voorreg gehad om baie ander kursusse te voltooi saam met internasionale meesters soos Mariana Freitas, Sviatoslav Otchenach en Roberta Pexeito in die tyd toe ek vir Cherryink gewerk het.” Jeakita  is reeds vir die afgelope ses jaar in die skoonheidsbedryf. Skoonheid en alles wat daarmee gepaard gaan, was nog altyd haar passie, maar nooit het sy daaraan gedink as só ‘n wye beroepsveld met soveel uitdagings en geleenthede vir groei nie.

- Advertisement -

Jeakita word gedryf deur die kunstige aspek van skoonheid. “Dit is soos wanneer ‘n kunstenaar beter word hoe meer hy skilder en elke skildery beter uitdraai as die vorige.” Vir haar is die uitdagings van ‘n perfekte tegniek dit wat haar daagliks inspireer – om vir ure te sit en dan suksesvol te wees, besorg haar groot vreugde. “Ek is mal oor die transformasie en die resultaat. Wenkbroue is so uniek en maak só ‘n verskil aan iemand se voorkoms. Om die eindresultaat te aanskou, bly vir my die belangrikste.”

“Ek is mal oor die transformasie en die resultaat. Wenkbroue is so uniek en maak só ‘n verskil aan iemand se voorkoms. Om die eindresultaat te aanskou, bly vir my die belangrikste.”

Jeakita het haar eie manier van dinge doen en dra dit oor aan haar studente. Mettertyd vind elkeen sy of haar eie manier van uniek-wees, solank dit mooi lyk, verduidelik sy. “Daar is ‘n sekere manier hoe ‘n wenkbrou moet of nié moet lyk nie. Wenkbroue moet altyd so natuurlik moontlik lyk. Ek maak seker dat ek die natuurlike haargroei gebruik om my te lei. Ek gebruik wat voor my is en skep daaruit ‘n jeugdiger voorkoms.”

Wenkbroulaminering (brow lamination) is op die oomblik die nuutste neiging en is basies ‘n behandeling waardeur die ooghare reguit gemaak word. Hierdie proses maak die wenkbroue makliker om op enige manier gekam te word – hulle bly in plek, en vertoon baie voller. Die behandeling word gekombineer met ‘n wenkbrou-tint wat ongeveer 40 minute duur en vir vier tot ses weke behoort te hou. “Ek dink al hoe meer mense hou van die fluffy and voller voorkoms. Voller wenkbroue laat mens ook jonger lyk, sekerlik iets wat ons almal begeer.”

Daar is baie kompetisies in die skoonheidsbedryf en hoewel Jeakita nie eintlik mededingend van aard is nie, neem sy deel en doen gewoonlik baie goed. Sy het  reeds drie internasionale kompetisies gewen. “Die grootste uitdaging vir enige iemand in hierdie bedryf is dat daar so baie skoonheidsterapeute en permanentegrimering-kunstenaars is. Dis waarom dit noodsaaklik is op op datum te bly met die nuutste neigings en voortdurend jou vaardighede te verbeter deur kursusse by te woon.”

Wat Jeakita van ander onderskei, is haar erns om die beste resultate aan haar kliënte te verseker; dit bly haar eerste prioriteit. Om dit te bereik, gebruik sy die beste produkte en gereedskap, wat sy aanvul deur gereelde verdere opleiding. Vir haar is elke kliënt ‘n indivudu, ‘n skoon skilderdoek wat sy kan verander in ‘n meesterstuk deur middel van haar skeppingsvermoë.

Die talentvolle Jeakita is besig om haar eie besighede te begin, onder meer ‘n nuwe salon waar sy al haar prosedures kan uitvoer, sowel as ‘n paar cool handelsmerkartikels waaroor sy nie nou al iets wil sê nie, maar wanneer jy haar volg op Instagram, sal jy die eerste een wees om te weet waarheen sy op pad is.

Teks: SUANNE ENGELBRECHT Foto: LANA HUMAN

- Advertisement -

LEAVE A REPLY

Please enter your comment!
Please enter your name here

Must Read

Women on the Move: Our name says it all

“We are open for business and waiting to assist you with a home loan!”For the past 20 years, BetterBond has equipped potential home buyers...

Women on the Move: Cure Day Hospitals

DR MANKALIMENG MAKANDAGrowing up, Dr Mankalimeng Makanda, Cure Day Hospitals Bloemfontein somehow knew that she was made to be a doctor and promised herself...

Women on the Move: Where dreams take flight

“I love it when a plan comes together – the happiness on a prospective buyer’s face makes me tick.”Aguila Real estate live by the...

Women on the move: Stay ETHICAL and smart

Nadia von Maltitz, founder and director of Cuberoo, a business established in Bloemfontein in 2017, is currently a director of four companies. Her main...

Women on the Move: One smile at a time

Bloemfontein born and bred dentist Dr Leschen Marx developed an interest in the medical field when she discov- ered her “desire to make a...