Frank vertel ons hoe lekker biltong moet lyk

0
207

Frank Vorster, plaaslike vleiskenner en biltong-fundi  het genoem jy sal sommer dadelik sien as biltong perfek is. Biltong moet die regte hoeveelheid vet ophê,’n kwart ratio vet en driekwart vleisie. En as jy hom opsny in die binnekant moet hy net so fyn lagie hê wat pienk is amper soos wat jy ’n steak medium sou gaar maak, nie rou tot medium nie.

Moet nou nie jou biltong bederf met allerlei soos koljander nie. Hoe meer ‘plain’ hy is, hoe beter kry hy die smaak van ’n regte stuk biltong. ’n Goeie voorbeeld sal biltong wees soos wat hulle in die ou dae nog gemaak het. Geur die biltong met net sout en peper en hang hom tot hy droog word.

Kerf hom en bederf jouself met ’n lekker stuk so voor die televisie terwyl jou rugbyspan speel.

So maak Frank biltong

Helfte bruin asyn en helfte worcestersous, skat sout en peper so met die hand. Meng dit saam en gooi ’n lagie in die onderkant van die bak. Pak biltong bo op dit. Herhaal dit tot jy ’n bak vol het.

As jy hou van koljander, kry dan Crown National Safari Biltong speserye, dit is dié lekkerste as jy hou van kruie.

As jy biltong sny, maak seker dit is C-graad biltong of dit is wildsbiltong. A-graad biltong het ’n snaakse smaak, dit laat die vet aan jou verhemelte vasklou en gaan nie lekker wees nie. So lekker geel botter-vetjie wat smelt in jou mond is die lekkerste smaak waaraan jy kan dink.

Advertisement