Nicquille se vinnige suurlemoen meringue tert

0
424

Ons het saam met Nicquille van Graan gebak en brou. Sy deel haar suurlemoen meringue tert met ons.

Kors
1 pakkie tennis beskuitjies, 125 g botter en suurlemoen zest.

Vulsel
1 blikkie kondensmelk en 250 ml suurlemoensap.

Meringues
3 eierwitte, 125 ml wit suiker en 30 ml water

Metode
Maak die koekies fyn. Smelt die botter en voeg dit by die koekies. Meng goed en druk dit in die pannetjie van jou keuse. Plaas in die yskas totdat jou vulsel klaar gemaak is.
Klits die kondensmelk tot styf en voeg die suurlemoensap by. Klits verder tot die hele mengsel styf is. Haal die kors uit die yskas en vul dit met die vulsel.
Vir die meringue plaas suiker en water in ’n pot en sit op die stoof op ’n lae hitte totdat die suiker gesmelt het. As die suiker 110 grade bereik, begin die eierwitte klits tot styf wanneer jou suiker 120 grade bereik, haal van die stoof af en voeg dit by die styfgeklopte eierwitte terwyl jy verder die mengsel klits tot die meringue “glossy” word.
Skep jou meringue bo op die suurlemoenvulsel en gebruik ’n blaasfakkel om die meringues ’n mooi kleur te gee.
Sny en geniet elke happie.

(Foto: Miemie Smit

Advertisement