Boksies bring hoop vir vroue in die Karoo

0
397
Horizontal side view of a lonely yellow flower growing on dried cracked soil

Die noodkreet vanuit die Karoo weergalm, dis dor en droog en mense se hoop droog ook op.

’n Projek is van stapel gestuur om vir vroue in die droogtegebied ’n boksie met iets spesiaal in te stuur.

Jy kan ’n skoenboks of wynboks vul met items vir ‘n boervrou. Of dit eetgoed, wasmiddels, selfs ’n lekker koffie of kondensmelk, badkameritems of ’n tydskrif is. Jy kan ook ’n briefie bysit, jou woorde van bemoediging kan vir ’n vrou soveel beteken.

Al die bokse moet in koerantpapier toegedraai word. ’n Mooi lint word dan omgebind. Dan gaan al die bokse saam met vragte vervoer na ‘n droogtestreek. Alle bokse moet voor 30 Oktober by Tuiskoop in Ermelo afgelaai word.

Op 28 Oktober gaan Julia de Beer vanaf eMalahleni deurry om bokse af te laai. Jy is baie welkom om Julia te skakel en te reël dat jou boks ook deel van die besending is.

Julia kan gebel word op 082 325 8159.

Advertisement