Boeke vir die kleinspan… hierdie titels sal beslis wonderlike kersgeskenke maak.

0
276

My groot lofkleuterbybel deur Jan de Wet

Lees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. Die Bybelverhale is geskryf om saam met die skrywer se voorlesings en liedjieopnames gebruik te word. ’n QR kode word in die boek ingesluit wat lesers gratis toegang bied tot die skrywer se voorlesings en liedjieopnames. Kleuters kan na die voorgeleesde opnames en liedjies luister terwyl hulle na die illustrasies kyk.

Ná die Bybelverhaal is daar ’n gebed wat jy saam met jou kleuter kan bid. Let ook op na die dierevriende wat die Bybelreis saam met die kleuter af lê. Die diere help die kleuter om te onthou wat die hoofboodskap of -waarde van die verhaal is. *My groot lofkleuterbybel is teen R220 by uitgesoekte boekwinkels regoor die land beskikbaar, LAPA Uitgewers.

Keegan en Samier deur André Trantraal

Ontmoet vir Keegan en Samier. Hulle is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam. Dan is daar ook Jenni-Lee, Keegan se klein
sussie, en Keegan se slim en streng ouma. Saam het hierdie vriende hope heerlike avonture!
Ongelukkig is Brent Petersen, die klasboelie, altyd daar om dinge bietjie te versuur …
Hierdie splinternuwe reeks, geskryf en geïllustreer deur André Trantraal, is perfek vir beginnerlesers. Die stories is eenvoudig, identifiseerbaar en geskryf met ’n lekker pas wat lesers se aandag sal hou. *Keegan en Samier deur André Trantraal is teen R60 by uitgesoekte boekwinkels regoor die land beskikbaar, LAPA Uitgewers.

Advertisement