Boeke vir die jongspan… en daar is iets vir klein en groot

0
371

Justin Fortuin, skattejagter deur Theresa van Baalen

Justin Fortuin het glad nie lus om die vakansie saam met sy ma by haar tannie Mary te kuier nie. En wat daarvan as tannie Mary in ’n geheimsinnige ou kasteel by die see bly? Hy het ander vakansieplanne gehad.
Maar tannie Mary maak Justin se dag toe sy vir hom ’n pratende papegaai present gee. Hy vind gou uit Kaptein Kraakbeen is nie sommer énige papegaai nie, en kort voor lank is hy reg in die middel van ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime.
Spook dit in Kasteel Boekanier? Sal Justin en sy vriend Liam die ou skeepskaptein se skat kan vind voor twee skelms dit doen? Kry jou kopie van Justin Fortuin, skattejagter deur Theresa van Baalen teen R160, *LAPA Uitgewers.

 

Vertel my ʼn grappie deur Maritha Snyman

Vertel die skreeusnaakse grappe en pittige sêgoed in hierdie boek vir jou maats – dit sal ure se lagpret verseker!
• Hoekom het Jan van Riebeeck sy radio in die yskas gesit? Om cool musiek te luister.
• Hoekom het Jan van Riebeeck sy huiswerk op die dak gedoen? Want hy wil afkyk.
• Die oom is so oud, sy beenhare krul al om.
• Dit is so koud, die sneeuvlokkies bewe.
• As ek R6.00 in my sak het en ek verloor R2.00, wat het ek in my sak? ʼn Gat.
Kry jou kopie van Vertel my ʼn grappie deur Maritha Snyman teen R60, *LAPA Uitgewers.

 

Keegan & Samier: Die sokker-fiasko deur André Trantraal

Keegan en Samier is beste vriende en Samier se tweelingsussie, Samia, kuier ook gewoonlik saam.
Samia is ’n puik sokkerspeler, maar Brent Petersen, die klasboelie, hou nie daarvan dat ’n meisie beter is as hy nie! Kry jou kopie van Keegan & Samier: Die sokker-fiaskodeur André Trantraal teen R60, *LAPA Uitgewers.

 

 

 

Lea lief honde: Hik, Hik, Hoera! deur Cecilia Steyn

Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in Lea se bloed! Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheidskompetisie. Daar is net een probleem: Hik, die hondjie wat Lea gered het, wil net nie die toertjies leer nie! Lea se ma het gesê as Hik nie maniere leer nie, dan moet hulle hom opgee om aangeneem te word.
Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins. Sy en haar maats moet iets doen om hulle te red voor dit te laat is. Kry jou kopie van Lea lief honde: Hik, Hik, Hoera!deur Cecilia Steyn teen R132, *LAPA Uitgewers.

 

Handskoenpop-badboeke

Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Hierdie boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig. Hulle dek die volgende temas: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluide. Kry jou kopie van Handskoenpop-badboeke teen R110 elk: Sussa Seekoei, Tamaai Tier, Lawwe Leeu, Boeta Beer, *LAPA Uitgewers.

 

Manjifieke Mier deur Claire Freedman

ʼn Klein miertjie vind sy kragtige stem in hierdie kleurvolle boek wat daaroor handel daaroor dat niemand bloot op hulle voorkoms beoordeel moet word nie.
Dit is tyd vir die woud se talentkompetisie. Tussen al die magtige diere van die woud is daar ’n nuwe deelnemer – ʼn klein miertjie. Wat op dees aarde sal hy dan nou kan doen?
Kry jou kopie van Manjifieke Mier teen R140, *LAPA UItgewers.

Advertisement