Kikker jou luilekker vakansiedae op met ’n romans

0
150

Narissa is ’n volbloedhippie. Sy is optimisties oor die lewe en sy het ’n wil van haar eie. Sy glo daarin dat ’n mens die lewe moet geniet en oomblikke van blydskap vir jouself moet skep. Sy gaan vir haar die son se lag vang op Springbok. Haar grootste irritasie op twee bene is Franz Lamont, meneer volg-die-regte-pyltjies, baie aantreklik, baie bitter, en hy ry ’n vintage hippie kombi met daisies op die deure soos sy nog altyd wou hê. Hy stem nie saam met haar lewensopvatting nie. Pret en plesier is net vir ’n oomblik, en van min waarde. Werk, reëls nakom en dinge reg doen, is belangriker, en die swaar tye van die lewe weeg ook swaarder.

Hierdie romantiese verhaal deur Frenette van Wyk is by Lapa verkrygbaar teen R240.

Advertisement