Hierdie sop is perfek vir koue aande, en propvol geur – ‘n gesonde, vertroostende maaltyd wat maklik is om te maak en moeilik is om te weerstaan.
Bestanddele
- 4 k botterskorsie, in blokkies gesny
- 1 medium rooi ui, in blokkies gesny
- 1 k droë koraallensies
- 4 k groente- of hoenderaftreksel
- 300 ml blikkie klappermelk
- 1 t wit miso-pasta of sojasous
- 1 t gemaalde komyn
- 1 t gemaalde koljander
- 1–2 knoffelhuisies
- Sout en peper na smaak
Garnering
- 1/3 k pampoensade
- 1/3 k klappervlokkies
- 1/4 k klapperolie
- Klapperroom vir opdiening
Metode
- Advertisement -
- Voorverhit die oond tot 180°C. Pak die blokkies botterskorsie en rooi uie op’n bakplaat, bedruip met olyfolie, en geur met die speserye, sout en peper. Rooster vir 20–25 minute tot goudbruin.
- Wanneer die botterskorsie gaar is, plaas die groente in ’n diep ysterpot saam met die lensies, aftreksel en klappermelk. Laat prut vir 20 minute oor medium hitte. Laat die sop dan afkoel en meng tot baie glad.
- Verhit die klapperolie in ’n pan, voeg die pampoensade en klappervlokkies by, en braai tot goudbruin.
- Skep die sop in bakkies, strooi die gebraaide sade en vlokkies bo-oor, voeg ’n bietjie peper en ’n druppel klapperroom by, en geniet!
Bron en foto: MARIZA EBERSOHN – LIFEINTHESOUTH.CO/INSTAGRAM
- Advertisement -

