Suid-Afrikaanse netbalspeler Karla, het haar oog op die bal

0
1684

Wêreldberoemde Suid-Afrikaanse netbalspeler, Karla Pretorius, gesels met ons oor haar warrelwind-jaar van 2019 en haar planne vir die toekoms.

Om as Speler van die Jaar op die Netball Scoop’s Player of the Yeartoekennings in Liverpool asook 2019-Speler van die Jaar in die Netbalwêreldbekertoernooi aangewys te word, is ‘n eer wat nie elke sportvrou beskore is nie. Wêreldberoemde Suid-Afrikaanse netbalspeler, Karla Pretorius, het met Get It gesels oor die warrelwind-jaar wat sy agter die rug
het. Karla is ‘n spanspeler en beskou dit as die rede waarom netbal so gepas is vir haar. “Op skool was ek aan alle sportsoorte blootgestel. My ouers het altyd gesê ek kan aan alles deelneem.” Sy het van tennis tot krieket op skool gespeel maar eintlik altyd meer tuis
gevoel in spansport. “Ek onthou hoedat die netbaltoere op skool vir almal ‘n hoogtepunt was. Jy was deel van ‘n span, ‘n groep maats, wat veral vir my baie opwindend was.”
Karla het in Pretoria grootgeword en haar skooljare daar deurgebring. Ná skool het sy besluit om in te skryf by die Universiteit van die Vrystaat, wat bekend is vir sy netbalprestasies. Sy het ook hier plek in ‘n koshuis gekry. Sy vertel dat sy nie ‘n dag spyt was hieroor nie. “Die universiteitslewe was vir my iets besonders.”

Karla het begin om Menslike Bewegingskunde te swot en later oorgeslaan na Dieetkunde. “Omdat ek vir die universiteit netbal gespeel het, het sporttoere my baie weggehou
van die kampus. Ek is vandag baie dank verskuldig aan my fakulteit wat my die kans gegee het om my liefde vir die sport uit te leef en terselfdertyd my liefde vir netbal uit te leef.”
In 2011 begin Karla saam met die Suid-Afrikaanse netbalspan, wat bekend staan as die Spar Proteas, toer. Hier het sy haar netballoopbaan begin opbou en al hoe meer
ondervinding opgedoen. Later in dieselfde jaar, maak sy haar debuut by die 2011-Netbal-wêreldbeker as lid van die SA nasionale netbalspan, die Spar Proteas. “Tydens my tyd as
‘n SA netbalspeler het ek regtigwaar ‘n wonderlike tyd beleef, ook met my studies tussendeur. Baie mense dink as jy ‘n atleet wil word in enige sport, jy direk ná skool vir ‘n nasionale span moet speel of aan ‘n sportklub moet behoort om iets te bereik, maar ek
dink mens kan die beste van albei wêrelde hê.”

In 2015 kry Karla ‘n kans om in Sydney, Australië, en ook in Engeland netbal te speel en dié spanne te verteenwodig. “Baie netbalspelers wat professioneel wil speel, kan dit nie in Suid-Afrika doen nie. Die sport kwalifiseer nie as ‘n professionele sport nie, wat beteken
jy word nie daarvoor betaal nie.” Karla bring die helfte van haar jaar oorsee en die ander helfte in SA deur. Sy speel tans klubnetbal vir Australië en Engeland, en keer terug na SA
wanneer die Proteas se ligas begin. Tydens Wêreldbeker-toernooie, wat elke vier jaar plaasvind, speel sy vir Suid-Afrika se Proteas. Karla vertel, “Jy kan as netbalspeler
oorsee ‘n gesinslewe hê en ‘n volhoubare leefstyl geniet.” In haar vrye tyd bied sy netbalwerkswinkels aan vir ‘n paar netbalklubs. Sy word ook gereeld genooi om skolespanne af te rig. “Ek is baie lief daarvoor om my passsie en liefde vir die sport met
ander te deel.” Karla se liefde vir gemeenkapswerk het gemaak dat sy reeds by baie projekte oorsee betrokke is. “In Australië werk ek as ‘n gemeenskapsontwikkelingsbeampte. Ons loods verskeie projekte in die gemeenskap en maak mense deel daarvan.” Sy vertel dat sy graag wanneer sy uittree uit netbal by
‘n skool sou wou aansluit as netbalorganiseerder. “Ek wil graag my kennis oordra aan
ander. Dit is vir my iets om te oorweeg wanneer ek nie meer professioneel netbal
speel nie.”

Karla en haar man, Werner, het mekaar as studente aan die Universiteit van die Vrystaat
ontmoet. Werner doen sy deel as haar sportbestuurder en volgens hulle lê albei van hulle se hart steeds in Bloemfontein. Vir hulle is en sal die Vrystaat altyd hul tuiste wees. “Mense
vra gedurig of ons vir altyd oorsee gaan bly en of ons gaan terugkom huis toe. Vir ons is dit ‘n uitgemaakte saak dat ons wel in die toekoms sal teurgkeer na Bloemfontein. Die
geleenthede in Bloemfontein word by die dag meer, ons sien dit.”

 

Text: SUANNE ENGELBRECHT Photos : RHONA KLOPPER Make-up: ESTIE SWART ARTISTRY

Advertisement