HomeFOOD & WINEDie geheim is uit! AARTAPPEL-EN-ROOMKAASSOP

Die geheim is uit! AARTAPPEL-EN-ROOMKAASSOP

Geniet die ryk, romerige lekkerte van hierdie aartappel-en-roomkaassop – die perfekte troos op ’n koue dag. Dis die perfekte mengsel van sagte aartappels en gladde roomkaas wat jou keer op keer sal beïndruk!

Bestanddele 

4 medium aartappels, geborsel en gewas

olyfolie

- Advertisement -

1 t gedroogde dille

knoffelpoeier

2–3 E voedingsgis

sout en peper na smaak

1/2 t gerookte paprika

1 bakkie roomkaas

3-4 k volroommelk

300 ml room

Bros spek vir opdiening

Vars dille vir opdiening

Room vir opdiening

Geroosterde uie

Metode 

Was en sny die aartappels in skywe, plaas op ’n bakplaat met

bakpapier en bedruip met olyfolie. Geur met gedroogde dille, knoffelpoeier, 1 eetlepel voedingsgis, sout, peper en gerookte paprika. Rooster vir 20–25 minute teen 180°C tot goudbruin en bros.

Sodra die aartappels gaar is, plaas dit in ’n diep gietysterpot, hou ’n paar eenkant vir die garnering. Voeg die roomkaas, melk en room by.

Laat dit prut vir ongeveer 15–20 minute. Verwyder van die hitte en laat afkoel.

Meng tot glad in ’n blender. Bedien met die ekstra bros aartappels, vars dille, geroosterde uie en room.

Sag en lugtig, dit alles binne minute! Hierdie maklike air-fryer-stokbrood is perfek vir vinnige etes of as bygereg by jou gunsteling sop of braaivleis. Varsgebak, sonder die moeite.

Stokbrood in die lugbraaier

Bestanddele

2 k koekmeel

2 t bakpoeier

3 E suiker

1/4 t sout

1/4 k olyfolie

3/4 k warm water

Metode

Voeg die meel, bakpoeier, suiker en sout in ’n mengbak.

Voeg geleidelik die olyfolie en warm water by en knie tot ’n sagte deeg vorm.

Verdeel die deeg in ses gelyke porsies en gebruik kort droë takkies of oondvaste ysterstokkies. Draai die deeg om elke stokkie.

Plaas in ’n oondvaste skottel, borsel met botter of olyfolie en sprinkel met Parmesankaas.

Bak of lugbraai vir 20–25 minute tot gaar. Bedien met Forage And Feast Makataan Watermelon Preserve en kaas.

Bron en foto: MARIZA EBERSOHN – LIFEINTHESOUTH.CO/INSTAGRAM

- Advertisement -

Must Read