HomeFOOD & WINESOP MET ‘N TWIST: Rooibos-gegeurde Wortelsop

SOP MET ‘N TWIST: Rooibos-gegeurde Wortelsop

’n Heerlike twist op ’n klassieke gunsteling! Hierdie geurig-warme wortelsop word afgerond met die subtiele, aardse note van rooibos. Ideaal as ligte voorgereg of trooskos in die winter.

Voorbereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Porsies: 4–6

Bestanddele

  • 4 k wortels, gewas en in blokkies gesny
  • Olyfolie om te rooster
  • 1 t gemaalde komyn
  • 1–2 knoffelvlokkies of knoffelpasta
  • Sout en peper na smaak
  • 1 k ingemaakte of gedroogde kekerertjies (chickpeas)
  • 3 k sterk gebroude rooibostee
  • 1 hoender- of groenteaftrekselblokkie
  • 1–2 k water, indien nodig
  • 1/3 k gerasperde Parmesan-kaas
  • Sout en peper na smaak

Garnering

- Advertisement -
  • 1/3 k geroosterde sade of geroosterde sorghum
  • Geroosterde wortelrepies vir opdiening
  • Bietjie olyfolie vir opdiening
  • Parmesaan-skaafsels
  • Vars kruie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Plaas die blokkies wortel op ’n bakplaat, bedruip met olyfolie, sprinkel die speserye oor, meng met knoffel tot die wortels mooi bedek is, en rooster vir 20–25 minute tot geurig en goudbruin.
  3. Sodra die wortels gaar is, voeg al die sopbestanddele saam in ’n kastrol. Laat dit prut vir ongeveer 20-30 minute. Laat afkoel en meng dan tot glad met ’n handmenger of in ’n versapper. Geur na smaak.
  4. Skep die sop in bakkies, gebruik die gewenste garnering, en geniet!

Bron en foto: MARIZA EBERSOHN – LIFEINTHESOUTH.CO/INSTAGRAM

 

- Advertisement -

Must Read