HomeFOOD & WINEMa se vleis-en-groentesop

Ma se vleis-en-groentesop

Gerieflik vinnig vir die moderne kok

Bestanddele

  • 500-700g skaapskenkels, skaapnek of gemengde stukke skaapvleis/stowevleis geskik vir sop.
  • Olie om te braai
  • Worcerstersous-speserye om te braai
  • 1/4 koppie olyfolie
  • 1 groot ui
  • 2 eetleppels knoffelvlokkies
  • Sout en pepper om te geur
  • 1 eetleppel maizena
  • 4 koppies water (meer as nodig is)
  • 1 blokkie groente-aftreksel
  • 1 blokkie beef groente-aftreksel
  • 1 pakkie Foodie Pizza Mix of 1x blikkie tamatie en uie smoor
  • 1/2 koppie sopmengsel
  • 1/2 koppie droë kekerertjies
  • 1-2 koppies groenbone gesny
  • 2 wortels gerasper
  • 1 koppie aartappels gerasper
  • 1 pakkie hoendersoppoeier
  • 1 pakkie biefsoppoeier
  • 1 eetlepel lemoensap
  • Sout en pepper na smaak

Verwysings:

  1. Sit die Slowcooker aan op “sauté”, voeg die olyfolie in die pot en voeg in die fyngekapte ui, braai tot
  2. Voeg die vleis by, geur met sout en peper en die Worcerstersous-speserye (geur na smaak), braai die vleis tot effe bruin. Strooi Maizena oor en voeg die water en aftreksels by. Laat die vleis stadug kook vir 6-8 ure.
  3. Voeg daarna die sopmengsel en kekerertjies by. Gooi die Foodie Pizza Mix by, laat die sop verder kook vir nog so uur voordat jy die groenbone, gerasperde wortels en aartappels byvoeg.
  4. Meng in die hoendersop- en biefsoppoeier, suurlemoensap, sout en peper.
  5. Laat die sop verder prut vir ’n uur of twee, bedien warm met kondensmelk buns en vars gekapte speserye.

Bron en foto: MARIZA EBERSOHN – LIFEINTHESOUTH.CO/INSTAGRAM

- Advertisement -

Must Read