HomeLet's EatAll Things FoodBiltong geregte wat jou mond sal laat water

Biltong geregte wat jou mond sal laat water

Een ding is seker, Suid-Afrikaners hou van vleis en biltong bly nou maar net die heerlikste vleislekkerny onder die son. Sommige hou van wildsbiltong, ander weer van ’n lekker stuk beesbiltong met daardie lekker geelvet. Dan is daar die  fynproewer wat kan biltong maak. Ons het by Frank Vorster, plaaslike vleiskenner en biltong-fundi gaan inloer vir ’n lekker resep of twee.

Biltong en Feta tert

Kors:

- Advertisement -
  • 2 koppies koekmeel
  • 3 t bakpoeier
  • ½ t gerookte paprika
  • ½ t sout
  • ¼ koppie sagte margarien
  • ¾ koppie melk
  • 2 eiers geklits

Metode:

Sif meel, sout en paprika saam, vryf koue botter tussen jou vingers in die meelmengsel in tot dit krummels vorm. Voeg geklitste eiers by en voeg bietjie vir bietjie melk by tot die deeg ’n sagte balletjie vorm. Sit in yskas vir so 30 minute. Rol die deeg uit, sit in ’n tertbak en bak vir so 15 minute op 180 grade celsius. Laat afkoel

Vulsel

  • 2½ koppies gekerfde biltong
  • 1½ koppies gerasperde kaas
  • 2 eiers
  • 1 t mostert
  • Fetakaas na smaak
  • ½ handvol pietersielie

Meng kaas en biltong. Gooi in die tertbak. Meng die eiers en mostert tot romerig en gooi dit oor die vulsel. Bak vir 30-45 minute op 180 grade celsius.

Saam met die tert kan jy ’n groenslaai opdis.

- Advertisement -

Must Read