Pretoria FM Boekefees ‘n MOET vir alle Pretorianers. Daar is iets vir klein en groot!

0
337

Is jy ‘n regte boekwurm? Dan is Pretoria FM se Boekefees die een geleetheid wat jy nie kan mis nie.

Die fees bring van die grootste skatte in die Afrikaanse letterkunde na die hoofstad en gee selfs die jongste talent die kans om hulle vaardighede saam met gesoute skrywers te slyp.

Daar is selfs ‘n gratis kosdemonstrasies deur Herman Lensing, Armand Aucamp en Riana Mulder om na uit te sien.

Die ATKV vier ook saam fees en feesgangers kan deel wees van die Inkstories-gesprekke, VVA-voorleeswerkswinkels en selfs die ATKV se leeskonferensie.

Om nóg ’n kersie op die reeds voortreflike koek te sit, us Hannes van Wyk op die Ooskerk verhoog te sien, net oorkant die straat.

Bring die kinders saam! Ronnie die Renoster gaan op die verhoog wees en die Arrie Boekiehoekie is die rustige area waar jou kinders kan ontspan terwyl jy na ‘n boekbespreking luister.

En om die fees af te sluit kan feesgangers uitsien na ‘n spesiale filmvertoning van die volksverhaal, Racheltjie de Beer, wat geïnspireer is deur ‘n boek. Die film is deur Brett Michael Innes en Matthys Boshoff verwerk vanuit Innes se debuutroman, The Story Of Racheltjie de Beer.

‘n Spesiale skerm word Saterdagaand opgerig by Loftus Park om die eerste vertoning van Die verhaal van Racheltjie de Beer in Pretoria te vertoon.

Vir ‘n volledige lys van boeke besoek www.pretoriafm.co.za.

Kaartjies vir die boekbesprekings en Hannes van Wyk se vertoning is beskikbaar by iTickets. Hier kan jy ook sien hoe jy kaartjies kan wen vir die vertoning van die film Die Verhaal van Racheltjie de Beer.

 

 

Advertisement