HomePeoplePersonalitiesIn sy debuut-enkelsnit fokus Marius Lubbe op dit wat saak maak

In sy debuut-enkelsnit fokus Marius Lubbe op dit wat saak maak

Die Pretorianer, Marius Lubbe, beskryf homself as ’n openhartige mens met ’n groot passie en liefde vir musiek. Dié talentvolle musikant sing reeds vandat hy ses jaar oud is en het pas sy amptelike debuut gemaak in die Afrikaanse musiekmark, met die vrystelling van sy heel eerste enkelsnit, Dis Wat Saak Maak.

Die lekkerluister Afrikaanse popsnit, uit die pen van Vaughan Gardiner, fokus op die dinge wat regtig kosbaar is en die lewe vir almal ’n bietjie beter maak.

“Deesdae is almal so behep met hulle eie welvaart, dat hulle nie meer belangstel in hulle medemens nie. Die liedjie probeer die konsep vasvang dat ons vir mekaar moet omgee en help waar ons kan. Dit is op die ou einde al wat saak maak,” verduidelik hy. “Ek hoop ek kan hiermee vir ’n paar mense gee dat dit weer sal beter gaan en ander inspireer om nood raak te sien en te help waar hulle kan.”

- Advertisement -

Behalwe vir sy ryk strelende stem, wat die meesleurende wysie van Dis Wat Saak Maak soos ’n handskoen pas, sal die positiewe boodskap van dié lied ook aanklank vind by gehore van alle ouderdomme.

Marius woon tans in Pretoria en was van kleins af versot daarop om mense te vermaak. Nadat hy op skool deel was van ’n solo-sangopleidingsprogram, het hy geweet dat hy bestem was om op die verhoog te wees en het hy aan al wat ’n konsert en kompetisie is deelgeneem. Sedertdien het hy al verskeie vertonings op sy kerfstok en vind hy dit steeds baie terapeuties om sy musiek met gehore te deel.

Die kunstenaar geniet ’n wye verskeidenheid musiek, maar sonder ADAM uit as sy grootste inspirasie. Hy verklap ook dat hy graag ’n onderwyser sou wou word as hy nie kon sing nie, omdat hy dit nog altyd geniet het om met mense te werk.

As jy hom uitvra oor sy loopbaanhoogtepunte en waarmee hy homself nog besig hou, sê hy: “Ek is tans besig met die finale jaar van my BCOMP-graad by Belgium Campus Pretoria. Om my nuwe album te kon opneem, wat binnekort beskikbaar sal wees, en om saam met so ’n wonderlike en kundige span mense te kon werk, is vir my ’n groot hoogtepunt.”

Vir meer oor Marius volg hom op Facebook of Instagram.

- Advertisement -

Must Read