HomePeoplePersonalitiesPretorianer skitter in nuwe Afrikaanse film

Pretorianer skitter in nuwe Afrikaanse film

Rikus Therblanche is maar net 18 jaar oud en spog reeds met ‘n bekroonde film agter sy naam. Hy is as die karakter Bester in die splinternuwe Afrikaanse film, Moffie, wat vandag landswyd in teaters begin draai te sien.

Die film deur Oliver Hermanus vertel die verhaal van Nicholas van der Merwe. Hy het lank reeds geweet hy is ‘anders’, en dat dit iets is wat weggesteek, selfs ontken, moet word. Die Suid-Afrikaanse weermag is in ‘n geveg op die Angola-grens betrokke en alle jong mans oor die ouderdom van 16 moet ‘n twee jaar-lange diensplig voltooi. Die ‘swart gevaar’ bestaan is ‘n direkte bedreiging vir die Apartheid-regering. Wat is fout met Nicholas en ander soos hy? En kan dit reggestel word?
Maar net wanneer vrees Nicholas noop om onuitspreekbare gruwels te aanvaar in die hoop dat hy onsigbaar sal bly, bevind hy hom in ‘n diepe en spesiale verhouding wat lewensgevaarlik kan word.

Ons het met die Villieria-inwonder gaan gesels om bietjie meer oor sy ervaring en die film uit te vind.

- Advertisement -

Hoe het jy by die film, Moffie, betrokke geraak?
Ek het ‘n koerantartikel gelees wat sê hulle soek akteurs en ek het besluit dit sal nie skade doen om vir ‘n oudisie te gaan nie.

Jy speel die rol van Bester. Vertel ons meer van hom
Hy is ‘n boerseun wat nog vashou aan die manier waarop sy ouers hom grootgemaak het. Sy haarstyl en alles wat hy doen herhinner hom aan sy ouerhuis. Hy volg die groep. Self kan hy nie ‘n leier wees nie, so hy volg iemand wat leiding kan neem.

Hoe het jy vir die rol voorberei?
Ek het self vir Bester ‘n agtergrond geskep, en dit deurgegaan met ons regisseur, Oliver Hermanus. Ek het die teks elke dag gelees; en die hele teks ‘n paar keer deurgelees. Ons het ‘n weermag bootcamp deurgegaan vir opleiding, dus het ek dit van dag een af ernstig opgeneem. Ek het vir myself gesê: “Ek is n soldaat, ek gaan ernstig wees en myself reg deur die proses soos een gedra.”

Wat was die moeilikste deel van die film vir jou?
Om vir die hele dag in 45*C volleybal te speel, sonder ‘n hemp en met houtsool skoene aan.

Wat was die maklikste deel van verfilming?
Die eerste dag op stel. Ons het net gesit en geluister na ‘n preek. Dus het ek gemaklik met verfilming begin, omdat ek slegs moes sit en luister.

Enige snaakse oomblike tydens verfilming waarvan jy ons kan vertel?
Ons het baie grappe op stel vertel (voor ons elke dag begin skiet het), maar die snaakste was seker die geïmproviseerde gesprekke tydens verfilming. Baie natuurlike snaakse en gemaklike gesprekke het uitgekom. Dit was gereeld so gewees.

Hoekom sal jy sê moet mense na die film gaan kyk?
Dit is ‘n aktuele onderwerp en nogsteeds vandag relevant is. Dit wys wat jare terug gebeur het, en wys wat vandag steeds gebeur. Dit verklaar hoekom baie dinge in ons land uitgedraai het soos dit het, en die einde laat mens met baie vrae. Soos ‘n ellips, laat die regisseur die einde oop vir eie interpretasie van die kyker, om introspeksie te laat plaasvind en om raak te sien wat in die wêreld aangaan.

Die film, Moffie, begin vandag landswyd in teaters wys.

- Advertisement -

Must Read