HomePeoplePersonalities'n Positiewe boodskap van hoop deur sanger en dokter, Pierre Nel

‘n Positiewe boodskap van hoop deur sanger en dokter, Pierre Nel

Te midde van vrees en onsekerheid oor die impak van Covid-19 op Suid-Afrika, bring sanger Pierre Nel ‘n boodskap van hoop met sy nuwe treffer If You Get Corona. Daarin pleit hy by Suid-Afrikaners om verantwoordelik op te tree en beklemtoon ook die feit dat die toekoms en voortbestaan van die mensdom nou op elkeen se skouers rus.

In dié liedjie oor die Corona-virus vra die sanger, Pierre Nel, die luisteraar die vraag of hy of sy met die onus op hul skouers wil loop dat hulle dalk – deur onverantwoordelike optrede – iemand anders kan aansteek en moontlik vir hul dood verantwoordelik wees.

If You Get Corona is geskryf om mense se oë oop te maak vir die erns van die situasie en ek hoop dat dié liedjie ook sal bydra om ons as ’n nasie te verenig in hierdie tyd van isolasie,” het die sanger wat ook ‘n dokter is, verduidelik.

- Advertisement -

“Nadat ek self ook die erns van die COVID-19-situasie besef het, het ek ook besef dat daar nou ’n dringende behoefte bestaan vir mense om saam te werk,” het hy gesê.

Met “If You Get Corona” wil Pierre mense se harte aanraak en hy hoop dat dit ’n impak op mense se gedrag tot gevolg sal hê.

“As mediese dokter is ek self ook bekommerd oor die mediese sisteem se vermoë om massas pasiënte te versorg,” het Pierre gesê.

Die musiekvideo vertel die storie van twee persone wat mekaar motiveer om hande te was en self te isoleer. As hulle hulself in die buitewêreld bevind tree hulle dan op as Infeksiebeheer Polisie.

“Ek hoop dat die twee karakters in die musiekvideo se entoesiasme mense sal motiveer om self entoesiasties te wees oor die hele pandemiese situasie en saam te werk,” het hy vertel.

Die liedjie kan landswyd op radiogolwe geniet word en is op digitale musiekplatforms beskikbaar.

Kyk hier na die musiekvideo:

 

Pierre, wat as dokter ook nog planne het om te spesialiseer in narkose of oogheelkunde, se enkelsnit Mis Jou is ook onlangs vrygestel en handel oor die verlange na ’n geliefde en roer luisteraars se harte met die wete dat storieboekliefde wel bestaan. In dié musiekvideo kry sy woorde lewe as die hoofkarakter ’n eksperimentele prosedure ondergaan om die herinneringe, verlange en pyn te verwyder.

Kyk hier na die musiekvideo vir Mis Jou:

Vir meer oor Pierre Nel, volg hom op Facebook en Instagram.

- Advertisement -

Must Read