HomePeoplePersonalitiesKyk hier na Danny Smoke se supervideo - ja dis drie videos...

Kyk hier na Danny Smoke se supervideo – ja dis drie videos in een!

Die kitaarspeler en solo-sanger Danny Smoke se nuwe supervideo is uiteindelik hier en is ‘n gekombineerde trilogie van sy drie liedjies en musiekvideos vir Soek jy aandag of soek jy my lyf?, T-shirt en Gaan ons inlê?

“Die video is gedurende ‘n trip na Mosambiek geskiet. Ek het hierdie meisie, Danica Vandenheede, by ‘n gastehuis ontmoet en besluit om die 1 300km na Mosambiek te reis. Dit was ‘n ongelooflike ervaring, in dokumentêre styl – een kamera met geen pretensie,” vertel Smoke.

“Ek hoop dat wanneer mense hierdie musiekvideo sien, hulle daardie gevoel wat hulle eens op ‘n tyd ervaar het, weer sal terugkry. Iets wat jy dink nooit met jou sal gebeur nie en dan gebeur dit,” voeg hy by.

- Advertisement -

Die video is deur Inhoud Huis se Jannes Erasmus en Dan Rademeyer vervaardig.

Aanhangers kan al drie videos na mekaar kyk om die volle supervideo te sien en die unieke storie te volg. Kyk eers Soek jy aandag of soek jy my lyf?, dan die musiekvideo vir T-shirt en daarna die video vir Gaan ons inlê.

Kyk hier na die supervideo.

Smoke het ook ‘n agter-die-skerms video gemaak waar hy meer oor die idee rondom die video en die verfilming daarvan vertel. Kyk hier daarna.

Danny Smoke se album, Swaeltjies, is op alle digitale platforms beskikbaar>

Vir meer oor Sanny Smoke, volg hom op Facebook, Twitter of Instagram.

- Advertisement -

Must Read