HomePeoplePersonalities'n Goeie dosis positiwiteit is nodig om inperking to oorleef. Hier is...

‘n Goeie dosis positiwiteit is nodig om inperking to oorleef. Hier is ‘n paar positiewe boodskappe van die bekendes

Die eerste week van inperking is verby maar daar is nog drie weke oor. Hoe gemaak om positief te bly sonder kontak met die buitewêreld?
Ons het by ‘n paar bekendes gaan aanklop om te hoor of hulle enige positiewe boodskappe van hoop het om met ons te deel.

Hier is wat hulle te sê het:

- Advertisement -

Reynardt Hugo – sanger en akteur
“Soos my pa altyd sê: “Hou jou voete plat op die aarde en jou oë op die Here.”

Image: Pink Flower

Christiaan Baartman – sanger
“Die enigste ding waarmee ons die virus kan aanpak is ons imuunstelsels. Eet gesond, oefen en kry ten minste 30 minute sonlig elke dag. Môre kom die son weer op.”

Sharoney – sanger
“Ek het myself belowe om positief te by sover moontlik en ek gaan myself besig hou sodat my gedagtes nie die oorhand kry nie. Ek glo alles in die lewe gebeur met ‘n doel en dat daar selfs hiermee ‘n doel is. Ek wil graag die mense aanspoor om hierdie tyd te gebruik om die dingetjies te doen wat ons as mense so geneig is om uit te stel. Ek dink ook dat ons hierdie tyd kan gebruik om weer nader aan God te beweeg en weer op die plek te kom waar Hy ons graag wil hê, en dit is by Sy voete,” gee Sharoney raad.

Nathan Smith – kitaarspeler
“Bly by so ver as moontlik by jou roetine. Ons moet aangaan, vervang die dinge wat jy nie nou kan doen nie met dinge waarvoor jy nooit tyd gehad het nie. Hou moed, hierdie sal verbygaan.”

Wit Kasteel – sanggroep
“Respekteer die isolasie-tydperk; daar is ‘n goeie rede hoekom ons vir 21 dae geïsoleer moet bly. Probeer by ‘n roetine hou en maak seker jy oefen. Die gene wat alleen gaan wees, probeer maar om jouself te vind en die wat saam met familie of geliefdes is, geniet dit.”

Len Muller – sanger
“Kyk mooi na jou gemoed en geestlike gesondheid gedurende hierdie tyd want dit kan meer skade doen as enige finansiële krisis. Moenie opgee nie, dis nie die einde nie.”

Armand Joubert
“Hierdie is ‘n tyd wat ek glo, ons gaan leer hoe om ander mense in ag te neem en lief te hê asook om die natuur op te pas en om niks ooit weer ligtelik op te neem nie. Ek glo dat ons as mensdom en die aarde in hierdie tyd sal genees.”

Elme Churr
“Positiwiteit is die grootste wen. Takel elke dag opnuut met nuwe hoop en sien hierdie (die isolasie-tydperk) nie as ‘n straf nie maar eerder as ‘n geleentheid om te weer in aanraking met jou gesin, troeteldiere, God en jouself te kom. As jy iemand is wat alleen en op jou eie bly, glo ek dis heelwat moeiliker, maar gelukkig maak tegnologie dit moontlik om mekaar steeds te sien en selfs op nuwe innoverende maniere te braai soos deur middel van Skype of Facetime.”

Ruhan du Toit
“Ek bly glo dat alles sal uitwerk. Ek was nog nooit so rustig oor iets so groot en skadelik nie. Ja dit gaan meeste van ons finansieël groot skade berokken, maar daar is min groot suksesvolle besigheidspersone wat nog nie êrens in hulle lewens gevou het nie. Jou geloof en karakter sal bepaal hoe jy dit aan die anderkant uitmaak. Bly glo, bly hoop, en staan saam in alles. Moenie te trots wees om hulp te vra as jy dit nodig het net nie.”

Rene du Preez
Hou moed! ‘This too shall pass’ en ons gaan almal baie beter mense aan die ander kant uitkom. Ons is deel van geskiedenis en gaan nog jare vorentoe terug verwys na hierdie tyd. Maak die beste daarvan. Soek en ontdek – al is dit net jouself.”

Tussen Sterre
Ons almal moet die gemeenskap in ag neem. Wees binne, wees veilig en mees belangrik wees positief. Ons nasie is sterk en ons sal deur dit kom. Hou julself besig gedurende hierdie tyd en luister lekker musiek, soos Tussen Sterre. Ons sien daarna uit om julle weer te kan vermaak.”

- Advertisement -

Must Read