HomeLeisureReviewsOp soek na leesstof om die tyd te help omkry? Hier is...

Op soek na leesstof om die tyd te help omkry? Hier is ‘n paar lekker e-titels

‘n Aanhanger van fiksie?

Kanaän deur Sophia Kapp

- Advertisement -

Hulle is pole uit mekaar: Hy is ’n eenvoudige Afrikanerboer uit die Vrystaat; sy is die gesofistikeerde dogter van ’n skatryk Engelse sakeman. Hulle moes nooit ontmoet het nie, maar op 17 Junie 1944 loop Catherine in Chrisjan arms in. Wanneer die wêreld om haar in duie stort, bied hy vir haar ’n uitweg – ’n jaar op Kanaän as sy vrou. Dit behoort haar die geleentheid te gee om die stukke op te tel. Kort voor lank besef Catherine dat Chrisjan meer vir haar beteken as al haar gesofistikeerde Johannesburgse vriende. Sal sy die verskriklike prys wat hierdie liefde van haar vereis, kan betaal? Kanaän deur Sophia Kapp sal later ook as papierboek in die winkels wees, LAPA Uitgewers.

 

As dit voel soos liefde deur Didi Potgieter

Dit is of sy vir die heel eerste keer kan vóél. Tog, terwyl Natasha haar huwelik probeer ontbind, klou haar ontroue man onverwags daaraan vas; dit is glad nie omdat hy haar skielik lief het nie. Tydens die stuiptrekkings van hierdie huwelik, verskyn ’n ander komplikasie in haar lewe: Sy het Marc vier jaar gelede op haar wittebrood gesien, en kon hom nooit vergeet nie. Daar is ’n aantrekkingskrag tussen Natasha en Marc. Albei weet egter dié ding gaan hulle seer maak. Sý wil haar nooit weer in ’n huwelik begewe omdat dit die regte ding is om te doen nie. Hy glo glad nie in die huwelik nie en, omdat hy so dikwels vir sy werk in Londen moet wees, is dit nie eens ’n opsie nie. Toe gebeur daar iets wat hul lewe totaal omvergooi en hulle moet sterk staan in omstandighede wat nie een van hulle voorsien het nie. As dit voel soos liefde deur Didi Potgieter sal later ook as papierboek in die winkels wees, LAPA Uitgewers.

Eerder op soek na niefiksie vir ‘n bietjie inspirasie?

Bant saam met Armand deur Armand Aucamp

Jy hoef nie vet te word in isolasie nie. Leer om gesond te kook, Armand wys jou hoe met 14 heerlike resepte. Wat meer is, die e-boek is bekostigbaar. Dit kos slegs R49,00 as jy dit deur die LAPA Uitgewers toep koop; of ongeveer US$3,00 op Kindle.

 

 

 

 

 

14 Hekelpatrone vir 14 dae deur Nadia de Kock & Hilda Steyn

Geen partytjies om by te woon nie, geen afsprake om na te kom nie, geen afleiding of geruis van buite nie; net jy en jou gesin by die huis. Covid-19 het die wêreld tot stilstand geruk en ons almal gedwing om na binne te keer. Nog nooit was daar ’n beter tyd vir hekel nie! Geniet dié 14 patrone, ’n keur uit ons terapeutiese boek Hekel en word heel, en vind weer sin en betekenis in die huislike en alledaagse. Dit kos slegs R49,00 as jy dit deur die LAPA Uitgewers toep koop; of ongeveer US$3,00 op Kindle.

 

 

LAPA se e-boeke kan op ’n spesiale LAPA-toep of op Amazon se Kindle-toep gelees word. Amazon se Kindle kan op die meeste platforms werk, laai net eers die toep af volgens jou platform se spesifikasie. 

- Advertisement -

Must Read