HomeLeisureReviewsRenaldo stel sy debuut-enkelsnit, Hoe Hoog vry

Renaldo stel sy debuut-enkelsnit, Hoe Hoog vry

Renaldo vertel die liedjie gaan oor hoe jy bereid moet wees om enige iets te doen vir die persoon vir wie jy lief is.

“As die persoon sê jy moet spring, moet jy vra ‘hoe hoog’. ’n Mens kan altyd net hoop dat ‘n verhouding sal uitwerk albei kante toe. Om dit te laat gebeur, moet jy bereid wees om uit jou pad uit te gaan vir die een wat goed is vir jou,” sê Renaldo.

Hoe Hoog is ‘n opgewekte popliedjie en is geskryf deur die musikant Shoneill. Dit is ‘n prettige snit wat jou dansvloer toe sal lok en met ‘n positiewe gees nalaat.

- Advertisement -

Volgens Renaldo wil hy luisteraars inspireer met sy musiek. “Wanneer mense na my musiek luister, moet hulle geïnspireer voel om pret te hê en met hoop en liefde gevul wees.”

Die jong sanger droom al sy hele lewe lank van ‘n sangloopbaan en sê hy leef uiteindelik sy droom uit.

Renaldo tree op by al wat ‘n fees, skou en dames-oggend is. “Ek sien baie uit daarna vir mense om Hoe Hoog te hoor en saam met my te deel in die pret.”

Hy sonder Bobby van Jaarsveld, Riana Nel en Refentse uit as sy musikale inspirasies op eie bodem en voeg by dat hy graag eendag saam met die groep Spoegwolf ‘n verhoog wil deel. Op die internasionale musiekfront is Renaldo gek oor Daughtry en Westlife se musiek.

Renaldo, wat op 13-jarige ouderdom as Mnr. Junior Suid-Afrika gekroon is, is tans ‘n B.Com-student aan die Universiteit van Pretoria en sê as hy enige ander beroep bo musiek moes kies, sou dit iets sportief wees. “Ek is baie lief vir mense, maar ek geniet sport.”

Hy vergelyk sy stem en styl met dié van Brendan Peyper en sê hy het reeds in sy kort tyd in die Afrikaanse musiekbedryf waardevolle lesse geleer.

“Almal wil sing, maar ek glo daar is plek almal. As jy hard werk en konstant bly sal jy jou eie loopbaan in die musiekbedryf kan uitkerf,” sê Renaldo.

Vir meer besonderhede besoek marketingzoo.co.za

Luister na die enkelsnit onderaan:

- Advertisement -

Must Read