Women on the Move: Ontmoet Louise Kriel

0
322

The world is run by WOMEN. Strong, brave, courageous, witty, kick-ass women. The City of Roses boasts some of the toughest, most compassionate and most inspiring female leaders you’ll ever come across. This month, Get It celebrates these leaders and their superpowers. Because, let’s face it, we’re not just businesswomen. We are mothers, daughters, caretakers, wives, cooks, cleaners, teachers and motivators. We are invested in our communities, and care for those who need a mother’s love. We look at the future while tending to the present with grace and attention to detail. We do it all, with added vava-VOOM for those extra curve balls life throws at us.

In this year’s Get It Women on the Move feature, Vodacom is at the forefront, celebrating this team of strong women with us. Visit www.vodacom.co.za for details on all it has on offer.

Ontmoet Louise Kriel

Niemand kom naby Louise wanneer sterk leierskap en uitmuntende werksetiek ter sprake is nie. As die areabestuurder van die tandheelkundepraktyk, NuDental (Bloemfontein, Pretoria en Milnerton), is haar primêre funksie om al drie praktyke te bestuur en te verseker dat dit suksesvol is.

“Spanwerk speel ‘n belangrike rol in die sukses van ‘n besigheid, dus moet ek die leier wees wat die res van die personeel inspireer en motiveer om hul beste te gee. Ek is ook verantwoordelik vir die beplanning en toesig oor die bedrywighede en fiskale gesondheid
van elke afdeling binne ons praktyke.

“Ek beskou my werk as ‘n groot seëning en sien daarom uit om soggens werk toe te gaan.” Louise hou daarvan om met mense te werk en is ‘n leier van natuur. “Dis vir my wonderlik om te sien hoe ons praktyke mense se lewens verander – net soos ons leuse sê: nu (new) smile, nu (new) you.”

Louise het die vermoë om die grootste berg in ‘n molshoop te verander. “Ek is nie bang om iets aan te pak nie – al lyk dit onmoontlik en moeilik. Ek sou dus sê dapperheid is my superpower.

Wanneer Louise nie by die werk is nie, is sy ‘n trotse ma van drie volwasse kinders, vrou van ‘n wonderlike man en ouma van twee kleinkinders. Sy is ‘n regte gesinsmens en ag die tyd saam met haar geliefdes as uiters kosbaar.

Die belangrikste voorbeeld wat deur haar ouers aan haar voorgehou is, is deursettingsvermoë. Ook: “Moenie jou drome vergeet nie – dis nooit te laat om jou passie uit te leef nie.”

051-436-6540
[email protected]

Advertisement