OPTOG bring die Afrikaanse fees na jou toe – wat ‘n uitstekende konsep!

0
228

Optog is ‘n uitstekende Afrikaanse konsep wat kunstenaars na jou stad of dorp toe bring… ons is versot daarop! 

Wat kry jy as jy Nataniël, drie retro-Kombi’s, van ons beste Afrikaanse kunstenaars en wavragte geesdrif saamgooi? ’n Konsertreeks – ’n hele OPTOG! Optog is ’n gedekonstrueerde kunstefees – jy sien dus nie ’n klomp vertonings in vyf dae nie, maar gespasieer oor ’n paar maande. En die hele konsert kom na waar jy bly.

In 2019 ry Optog na die uithoeke van ons mooie land én maak selfs ‘n wilde draai in Namibië! Die bussies word volgepak met ‘n verskeidenheid van die beste musiek- en teatervermaak. Elke konsert is ‘n kleurvolle ervaring en ‘n verbeeldingryke viering van alles wat mooi is… ag, eintlik sommer net ‘n viering van die lewe!

Hou jou oë op die Optog webblad hier, om seker te maak jy mis nie uit op ‘n vertoning deur jou gunsteling kunstenaar nie.

Jy het nog ‘n dag of wat kans om jou kaartjies te koop vir Elvis Blue se vertoning: Hy tree op in Upington en Kimberly. Bespreek jou kaartjies hier en hier.

Image may contain: tree, sky and outdoor

Advertisement