HomePeopleShe Means Business 2026: Erna van Vuuren - Prinsipaal en eiendomspraktisyn by...

She Means Business 2026: Erna van Vuuren – Prinsipaal en eiendomspraktisyn by Aguila Real Estate

Vir Erna van Vuuren was sukses nog nooit net oor eiendom nie – dit gaan oor mense. Met integriteit, deursettingsvermoë en ‘n passie vir diens het sy Aguila Real Estate opgebou tot een van Bloemfontein se gerespekteerde eiendomsagentskappe.

‘n Beslissende keerpunt in haar loopbaan was toe sy die veiligheid van ‘n gevestigde handelsnaam verruil het om haar eie onderneming te begin. Met geloof, harde werk en vasberadenheid het sy haar droom van die grond af opgebou.

Vandag beteken sukses vir haar veel meer as verkope. Dit gaan daaroor om kliënte met eerlikheid, professionaliteit en opregte omgee te bedien, en om elke transaksie tot voordeel van alle betrokkenes af te handel.

Volgens Erna is die grootste wanopvatting dat eiendom maklik is. Agter elke suksesvolle verkoop lê deeglike markkennis, volgehoue bemarking, onderhandeling, vertroue en toewyding. “Eiendom is en sal altyd ‘n mensebesigheid wees.”

- Advertisement -

Wanneer uitdagings opduik, bly sy gefokus op oplossings eerder as struikelblokke. Selfdissipline, ‘n positiewe ingesteldheid en geloof vorm die grondslag van haar leierskap.

Buite die werkswêreld geniet sy die natuur en kosbare tyd saam met haar man, kinders en kleinkinders. Haar eenvoudige raad aan ander vroue is: Vind jou doel, glo in jouself en moenie bang wees om jou eie pad te stap nie. Want ware vertroue word nie gekoop nie – dit word oor tyd verdien.

TEKS: SAZLY MOSES

FOTO: LEANI PHOTOGRAPHY 

- Advertisement -

Must Read