Boeke vir die kleinspan en tieners in jou lewe

0
342

Elle-reeks: omnibus 1 deur Christien Neser

Die eerste drie boeke van Christien Neser se gewilde Elle-reeks is nou beskikbaar in ’n omnibus.

Kondensmelk: Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorlê. En daar is ’n paar baie goeie redes waarom sy so voel. Beskaafde mense hou nie vakansie in ’n tent in die bosse van Botswana nie. Haar pa en ma se universiteitsvriende, die Mosterts, kom sak en pak saam. Die Mosterts se twee irriterende, beterweterige, kondensmelkdrinkende seuns, Divan en Alex, ignoreer haar. Vir háár, Elle-Belle. Geen normale ou met gesonde hormone het haar nog ooit geïgnoreer nie. In die bosse van Botswana ontdek Elle ’n geheim oor haar ouers en sy leer die twee seuns beter ken.

Koshuiskoffie: Terwyl haar ouers ’n jaar lank oorsee werk, moet sy na ’n ander skool toe gaan. ’n Meisieskool. ’n Superstreng meisieskool. Boonop is haar selfoon doodstil terwyl sy die heeltyd wens Alex se naam wil op die skerm flits. Het hy ná hul Botswana-vakansie heeltemal van haar vergeet?

Blou sjokolade: Elle vind uit dat die orkestoer, Frankryk toe, afgestel is. Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op ’n navorsingsending na Antarktika. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het. * Elle-Reeks: omnibus 1 is teen R280 by toonaangewende boekwinkels beskikbaar, LAPA Uitgewers. 

 

Blou Maandag deur Jaco Jacobs. Illustrasies: Karen Lilje

Toe Jana haar oë oopmaak, weet sy sommer: vandag gaan ’n BLOU MAANDAG wees!

Dit lyk asof ’n tornado haar hare getref het. Die hamster het haar huiswerk opgeëet. Daar is aspersies in haar kosblik. En dit is háár skuld dat die hele skool glo haar beste vriendin se kop is vol grillerige goggas!

Boonop is vanaand die groot talentaand waarna Jana al weke lank uitsien. Sy werk al so lank aan ’n liedjie vir die talentaand, maar sê nou dinge loop skeef op die verhoog? Hoe erg kan een Maandag wees?

’n Prettige, holderstebolder-avontuur vol skaterlag-humor oor daardie dae wanneer dit voel asof alles skeefloop! *Blou Maandag is teen R125 by toonaangewende boekwinkels beskikbaar, LAPA Uitgewers. 

 

Prettige Feite: Weer en die seisoene deur Dorling Kindersley. Vertaler: Jaco Jacobs

Ontdek wat alles in die lug aangaan met Prettige feite: Weer en die seisoene. Hierdie boek is propvol feite en aktiwiteite wat dit die perfekte boek vir alle weerstoestande maak!

Lesers kan uitvind hoe sneeuvlokkies vorm, waarom dit reën en waarom daar soms ’n reënboog in die lug verskyn. Daar is selfs prettige aktiwiteite om te voltooi: soos hoe om ’n reënwolk in ’n bottel te maak en hoe om ’n windwyser te maak wat sal wys watter kant toe die wind waai.

Hierdie boek is deel van die versamelbare Prettige Feite-reeks, wat spesiaal ontwikkel is vir kinders 5 jaar en ouer. Die reeks is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite.

Jong lesers leer meer oor ’n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige projekte aan te pak wat by die temas aansluit. Die eenvoudige aktiwiteite dra by tot die ontwikkeling van geletterdheid, syfergeletterdheid, geheueontwikkeling en handvaardigheid. Hou die kleinspan besig terwyl hulle speel-speel leer! *Prettige Feite: Weer en die seisoene is teen R120 by toonaangewende boekwinkels beskikbaar, LAPA Uitgewers. 

 

Towerponie en die reënboogbollie deur Emma Adams. Illustrasies: Katy Halford

Ontmoet vir Towerponie! Met manjifieke maanhare, ’n glinsterende horing en pikante pienk hoewe, is Towerponie net soos enige ander towerponie. Behalwe vir haar reënboogbollie!

’n Storie oor vriendskap, aanvaarding en om in jouself te glo, dit maak nie saak wat nie. Jong lesers sal mal wees oor hierdie kleurvolle prenteboek vol towerponies, drake, prinsesse, feetjies, pret en reënboogbollie! *Towerponie en die reënboogbollie is teen R140 by toonaangewende boekwinkels beskikbaar, LAPA Uitgewers. 

 

My eerste boek oor perde en ponies deur Andrea Mills. Vertaler: Jaco Jacobs

Ontdek die wêreld van perde en ponies in hierdie gids propvol feite. Vind meer uit oor perde se gedrag, en ontdek hope nuttige wenke oor hoe om jou ponie te versorg. Verken meer as 20 rasse, van Arabiere tot Shetlandponies.

Hierdie boek is perfek vir enige iemand wat van perde hou, of jy nou reeds ’n perde-eienaar is, of daarvan droom om eendag jou eie ponie te kry. Leer wat perde met hul liggaamstaal wys, watter verskillende kleure en patrone hulle kan hê, en vind meer uit oor die verskillende maniere hoe perde beweeg. Hierdie nuttige gids is propvol fantastiese foto’s en feite oor perde. New online casino sites are highly common nowadays. These sites can boast off a wide variety of useful functionalities, convenient design, and enoormous game collection. If you will to learn more about new casinos online, look at the article at https://casinomech.net/new-online-casinos/ presented by gambling experts from Canada.

Vind uit hoe verskillende rasse se unieke eienskappe van mekaar verskil, leer hoe om jou troetelperd te versorg sodat hy gelukkig en gesond bly en verstom jou aan hierdie wonderlike diere se supersintuie en atletiese vermoëns. *My eerste boek oor perde en ponies is teen R130 by toonaangewende boekwinkels beskikbaar, LAPA Uitgewers. 

 

 

 

 

Advertisement