‘n Nuwe musiekvideo vir Danny Smoke, die tweede in die trilogie

0
307

Sensueel en romanties… dit soms beslis plaaslike sanger Danny Smoke se splinternuwe musiekvideo vir sy treffer T-Shirt op.

T-Shirt is deel van ‘n trilogie en volg op die vrystelling van Soek Jy Aandag Of Soek Jy My Lyf? wat onlangs vrygestel is.  In laasgenoemde video begin Danny ‘n nuwe verhouding met ‘n beeldskone vreemdeling. Soos wat hulle paaie herhaaldelik kruis groei hulle passie en energie vir mekaar.

In T-Shirt sien ons waarheen lei al hierdie passie…

Kyk hier na die video:

 Danny se eerste enkelsnit, Jou Lippe, was uit die staanspoor ’n gunsteling onder musiekliefhebbers en was die perfekte lusmaker vir sy debuutalbum, Swaeltjies, wat ook nou landswyd beskikbaar is!

Sy debuut-vrystelling bestaan uit dertien snitte wat spesiaal verwerk is om sy stem en kitaarspel pragtig ten toon te stel.

Wanneer dié veelsydige ster nie besig is om te sing of kitaar te speel nie, hou hy ook sy lyf vervaardiger en voel hy geseënd om al vir twintig jaar betrokke te kan wees in alle aspekte van dié bedryf waarvoor hy so lief is. “Ek kom uit ’n musikale familie en daarom was musiek nog altyd deel van my lewe. Op ’n baie jong ouderdom, het ek die geleentheid gehad om ’n kitaar op te tel en te leer speel. Daarmee saam het ek die voorreg gehad om produksiewerk te begin doen vir van die land se top kunstenaars. Dit was nog altyd ’n groot droom om my eie album te skryf, te vervaardig en daarop te sing,” sê hy.

Volgens Danny put hy die inspirasie vir sy musiek uit persoonlike ervarings en geniet hy elke oomblik wat hy op die verhoog kan wees. Omdat hy self musiek vervaardig, vind hy aanklank by die meeste genres en style. Hy het groot bewondering vir Ryan Tedder van One Republic omdat hy so veelsydig is en respekteer enigiemand wat dapper genoeg is om musiek as ’n loopbaan te kies. Verder probeer hy sover as moontlik uit musiekpolitiek uit bly en meen hy dat dit belangrik is om jou eie stem te vind en te fokus op wat jou uniek maak, omdat musiek nie ’n kompetisie is nie.

Die album is nou op alle digitale platforms beskikbaar.  Kry hom hier:  https://INHOUDHUIS.lnk.to/Swaeltjies

Advertisement