HomePeoplePersonalitiesElme Churr het 'n wonderwerk-baba op pad en 'n splinternuwe treffer. Kyk...

Elme Churr het ‘n wonderwerk-baba op pad en ‘n splinternuwe treffer. Kyk hier na haar nuwe musiekvideo

Na ’n reis van sewe jaar vol hoop, geduld en totale vertroue, vier Elme Churr haar wonderwerkbaba met haar splinternuwe enkelsnit, Kos vir jou Siel, se musiekvideo wat onlangs vrygestel is. Dié liedjie is op haar nuwe album met dieselfde titel.

Kos vir my Siel handel oor hoop en dat ’n mens altyd moet vashou aan die beloftes wat God gemaak het,” vertel Elme.
Met dié liedjie wil sy luisteraars herinner dat God net die beste vir Sy kinders wil hê en dat mens moet bly glo in wonderwerke.
“Wonderwerke gebeur juis as jy platgeslaan is – mens moet net al jou vertroue en hoop op Hom plaas en nooit moed opgee nie,” verduidelik sy.

Die sangeres beleef eerstehands só ’n wonderwerk van God met haar swangerskap van bykans vyf maande. Sy het dit aanvanklik stil gehou maar is nou reg om daaroor te praat. Sy en haar man, Ben, het lank gedroom oor die dag wat hulle twee ’n gesin van drie sou word, maar na jare van smekende gebede was hul reeds op die punt van opgee toe sy besef sy is swanger.
“Daar is drome in elkeen se hart wat ’n verwagting, en dan tot ’n mate, ’n leemte, in jou hart los. Soos ’n mens identifiseer wat die dinge is wat kos vir jou siel is, begin mens toelaat dat dit reën op die areas in jou lewe waar die grond onvrugbaar en droog was. Dit skep lewe, hoop, groei, geluk en laat ons toe om nóg groter te droom,” vertel sy.

- Advertisement -

“Selfs al voel jy stoksielalleen en asof God nie jou gebede verhoor nie moet jy onthou dat God se droom vir ons elkeen se lewens mooier en kleurvoller is as wat ons eie drome ooit kan wees,” voeg sy by.

Kos vir my Siel se musiekvideo is vol hoop en speel af op ’n plaas met ’n jong getroude paartjie wat ’n stukkie onbewerkte grond koop. Na baie harde werk en totale vertroue op God besluit hul om uiteindelik te begin plant, maar die grond bly droog en niks groei nie. Ná ’n lang droogte begin dit reën en die wêreld van die paartjie verander van dor en bruin na immergroen en versadig.

Kyk hier na die musievideo:

Elme se eerste album, Rooiwyn en Liefde, het in 2017 die lig gesien met Kos vir my Siel wat teen die einde van 2019 vrygestel is. Dié treffende titelsnit van Kos vir my Siel is deur Elme, Hugo Ludik, Vaughan en Nerine Gardner geskryf.
Kos vir my Siel is by alle vooraanstaande musiekhandelaars beskikbaar. Dié album kan ook digitaal op musiekplatforms afgelaai of gestroom word.

Vir meer oor Elme Churrhttps://web.facebook.com/elmechurr/ volg haar op Facebook, Twitter of Instagram.

- Advertisement -

Must Read