Loki Rothman se nuwe enkelsnit en musiekvideo is spesiaal vir almal wat al ooit bekommerd en verlore was

0
272

Hoe klink fluweel? Wel, as ons moet raai beslis soos die goue stem van Loki Rothman.
En net soos die geluk dit wil hê het dié talentvolle musikant, kitaarvirtuoso en sanger pas sy splinternuwe enkelsnit en musiekvideo vrygestel.

Die sanger se nuwe Afrikaanse solo album, Op My Pad, is vroeër die maand vrygestel en het reeds sedert sy vrystelling die nommer een posisie op die iTunes Afrikaanse Album trefferparade behaal.

Met die enkelsnit, Op My Pad, stel Loki ’n nuwe klank bekend, en dis ook die eerste liedjie wat hy reeds in 2017 geskryf. Die idee was om ’n vollengte album in die toekoms op te neem. Die liedjie spog met ‘n warmer en gemakliker toon as waaraan aanhangers gewoond is, en sal aanhangers beslis verras. Op My pad is ‘n mengsel van rock, pop, folk, akoestiese en organiese elemente gekombineerd met Afrikaanse lirieke, en is volgens Loki ‘n liedjie vir almal wat al ooit bekommerd en verlore was.

“Die liedjie, Op My Pad, gaan oor slegte dinge wat oor ’n mens se pad kom, en die oomblik wanneer jy beself alles gaan okay wees. Waar ookal jy nou is, is waar jy moet wees, en om nie tyd te spandeer om te worry oor môre nie. Dit was eintlik ’n reminder vir myself!” sê Loki.

Die musiekvideo vir Op My Pad is opgeneem tydens Loki se optrede by Liefde By Die Dam in 2019.

Kyk hier na die musiekvideo:

Laai die album hier af.

Vir meer oor Loki Rothman volg hop op Facebook, Twitter en Instagram of besoek sy webtuiste.

Advertisement