Byt vas, dames (mammas). Die inperking is amper verby en dan is dit tyd vir ‘n Girls Night.

0
167

Met sowat ‘n week van inperking oor, is baie mense (veral ouers) al desperaat vir ‘n bietjie alleentyd en geselskap.

Wel, die einde is in sig. As jy nog nie Leah se jongste musiekvideo vir haar liedjie, Girls Night, gesien het nie, sal jy nou dadelik wil loer.
Kykers is gaan daaroor, juis in ‘n tyd wat die meeste mense nodig het om hulle batterye te herlaai.

“Of dit nou in die werksplek of by die huis as vrou en mamma is – soms moet ons bietjie terugstaan en net weer onsself onthou. Om bietjie af te skakel is baie belangrik en ons almal ken die gesegde dat as jy nie na jouself kyk of tyd gun nie, gaan jy nie goed vir ander kan wees nie,” het Leah gesê.

Die musiekvideo begin met Leah en haar twee vriendinne wat almal in verskillende skremgrepe gewys word terwyl hulle die uitdagings van die dag aanpak. Hulle besluit egter op ’n aandjie uit en skielik verander hulle van afgemat na pragtige, borrelende dames wat vir ’n oomblik alle verantwoordelikhede opsy kan skuif.

Girls Night is op Leah se nuutste album, Kyk Na My, wat by alle voorste musiekhandelaars beskikbaar is asook digitaal.

Kyk hier na die video

Advertisement