HomeSponsoredMaak jou goue jare tel

Maak jou goue jare tel

Aftrede is iets om na uit te sien by Montana Aftree Oord…

Montana Aftree-Oord is nie net ’n blyplek vir afgetredenes nie. Dit is ’n lewenswyse wat aan die inwoners ’n aangename verblyf met rus, vrede en gemak bied.

Die wel-bekende en gesogte oord bestaan uit 341 wooneenhede – 302 huise en 39 Monta Villa-woonstelle, volledig toegerus met ’n hysbak. Die eenhede wissel tussen 45 en 221 vierkante meter met pragtige natuurskoon om elke hoek en draai. Bejaardes van 50 jaar en ouer kan dus kies tussen lewensreg- of verhuringsopsies om hul goue jare mee af te skop.

- Advertisement -

Daar is ‘n kombuis wat smaaklike en professionele etes voorsien teen ‘n minimale koste aan alle inwoners vir wegneem etes of aansit etes in die eetsaal. Vir Monta Villa-inwoners is 20 maaltye reeds ingesluit in hul heffing per maand, en kan afgelewer word na hul woonstel of in die eetsaal geniet word. Addisionele maaltye kan teen minimale kostes by gekoop word. Daar kan ook basiese produkte soos brood, melk en lekkernye by die eetsaal aangekoop word.

Montana Aftree-Oord spog boonop met topgehalte ontspanningsgeriewe. Inwoners het onbeperkte toegang tot ’n biblioteek en haarkapper wat gereeld beskikbaar is, en kan weeklikse eredienste op ’n Sondag in die hoofsaal bywoon. Vir dié wat belangstel is daar ook weeklikse Bybelstudie-geleenthede.

Vir dié wat nog ’n huppel in die stap het, is daar puik sportgeriewe – in die vorm van minigholf, jukskei en snoeker. Lyndans, en rek-en-strekoefeninge, sowel as wandelroetes in die oordpark, maak ook deel uit van die daaglikse aktiwiteite. En, omdat ‘hartsmense’ so ‘n integrale deel van die aftree-oord is, word daar klem geplaas op gereelde sosiale funksies, braais, markdae en samekomsgeleenthede vir inwoners. Daar is selfs vooruitsigte van ’n koffiewinkel met gebakte geregte in die nabye toekoms vir kuiers saam met familie en vriende.

Laaste, maar beslis nie die minste nie – optimale veiligheid! Aangesien veiligheid heelbo op hul prioriteitlysie lê, is daar ’n draagbare paniekknoppie wat dag en nag hulpverlening bied, sowel as 24-uur sekuriteit, uurlikse patrolies, CCTV-kameras en streng toegangsbeheer. Monta Villa-woonstelle het ook addisionele ingeboude paniekknoppies in die kamers en badkamers wat slegs deur ’n verpleegster van MontaMed afgeskakel kan word.

Voornemende inwoners word vooraf medies geëvalueer om te bepaal of hul onafhanklik kan woon, en of hul semi-sorg benodig. Diegene wat van 24-uur sorg afhanklik is, word dan by die Montamed Mediese Sorgsentrum opgeneem wat ook as ‘n ‘step-down’ eenheid vir enige herstellende persoon dien.

Die Montamed Sorgsentrum is gerieflik geleë op die perseel van Montana Aftree-Oord en bied uitmuntende mediese dienste aan inwoners, asook intensiewe sorg aan verswakte persone.

Die versorgingseenheid bied 24-uur sorg van bekwame verpleegkundiges vir persone en afgetredenes in verswakte toestand.

Die Montamed ‘step down’ eenheid is ideaal vir pasiënte wat uit die hospitaal ontslaan is, maar verdere mediese aandag van professionele dokters, fisio-, arbeids-, spraakterapeute en algemene praktisynsversorg benodig. Die eenheid fokus dus op die volkome rehabilitasie en herstel van elke bejaarde.

Montamed lewer ook ondersteunende dienste aan inwoners wat nie heeltemal onafhanklik kan funksioneer nie. Die dienste sluit in:
• Nood uitroepdienste
• Bespreekte spesialisbesoeke
• Algemene mediese sorg

Boonop is Lifemed Ambulansdienste se Montana-basis op die Montamed-perseel. Die bogenoemde dienste, en veel meer word aan voornemende inwoners aangebied.
So, waarvoor wag jy? Kontak Montana Aftree-Oord vandag nog om deel te word van ’n uitmuntende aftree-oord en mediese versorgingseenheid. Vir meer gemoedsrus vir jou toekoms kan jy nie vra nie!

Skakel gerus Montana Aftree-Oord op 012-547-3289 vir meer inligting

- Advertisement -

Must Read