Gesond en lekker… wat meer het mens nodig in ‘n nagereg wat nie die skaal sal breek nie?
Maritsa en Maradine van Seisoen bederf ons met n’ uit-die-box resep vir die nuwe jaar.
Sjokolade, espresso en klapper panna cotta
Bestanddele
40g Lindt 70% donkersjokolade, fyn gesny
500ml klapperroom
60 ml xylitol
5ml espresso-poeier
60ml warm water
2.5ml agar-agar
Metode
Smeer 4 ramekins (115g-grootte) liggies met klapperolie. In ‘n mediumgrootte pot oor
medium/lae hitte, smelt die donkersjokolade, klapperroom, xylitol en espresso-poeier tot opgelos en glad. Roer nou en dan om te verhoed dat sjokolademengsel brand.
Hou op stoof tot mengsel begin prut. Verwyder van stoof. Meng die agar-agar in die warm
water in ‘n aparte houer tot volledig opgelos. Klop die opgeloste agar-agarmengsel by die sjokolademengsel. Verhoog die hitte tot die mengsel stadig begin kook. Kook vir 3 minute
en roer tot dik. Gooi die mengsel in die voorafgesmeerde ramekins en verkoel tot volledig gestol. Versier met vars bessies, klapper, ens.
Maak 4 panna cottas