Celebrating women in business: Erna van Vuuren

0
168

Erna kom oorspronklik van die Noord-Kaap en het aan die Hoërskool Hopetown gematrikuleer. Sy doen haar B Agric-graad by die Universiteit van die Vrystaat. Sy is gelukkig getroud en ’n moeder van vier.

Erna van Vuuren is die Prinsipaal en eiendomspraktisyn van Aguila Real Estate en die mentor van 19 eiendomspraktisyns. Sy is ook betrokke by die koop en verkoop van eiendom, residensieel – kommersieel – plase en kleinhoewes. Sy is reeds sedert 2004 in die eiendomsbedryf en ook sedert 2016 die Prinsipaal van Aguila Real Estate.

“Van ons ongelooflike oomblikke was die wen van die Best Local Estate Agent kategorie in die 2019 Bloemfontein Courant se Best of Bloemfontein Reader’s Choice Awards, asook die Best of 2020 – Voter’s Favourite Category. Ons aanlyn-veilingafdeling het sy eie app wat kopers kan aflaai. Die Aguila span het ongelooflike samesyn en dryfkrag.”

Om Aguila Real Estate te kon begin en ook hul eie app vir veilings te kon vestig is van die bepalende oomblikke van haar loopbaan – ook om ander eiendomspraktisyns ‘n geleentheid te gee om hul eie besigheid in Aguila te vestig, “om ’n mentor te wees vir my mede-eiendomspraktisyns in ons Aguila-span, om hulle te sien groei en hul besigheid uit te brei in Aguila Real Estate en hul doelwitte te bereik. Elke gelukkige spanlid het vir my baie waarde.”

Erna sê om eiendom te verkoop is haar passie, “om ’n verskil in ander se lewens te maak, om ander se lewensdrome waar te maak en makliker te maak, ’n Buigsame skedule, gebalanseerde werk-familie-lewe, verbetering van vaardighede, ’n fokus op geleenthede en ’n höer inkomstepotensiaal.”

Erna voel ’n gesonde liggaam huisves ’n gesonde gees – “om doelgerig en gefokus te lewe en om elke dag ’n verskil te maak in ander se lewens, om ernstig te dink, kreatief te wees en om te droom, om gedissiplineerd meer te bereik – sensitief te wees vir my medemens, vir die wat minderbevoorreg is en om verdraagsaam en vergewensgesind te wees.”

In 2023 gaan Erna fokus op ekslusiewe mandate, nuwe vars idees in bemarking, om verkope te bespoedig, kommunikasie te verbeter en om sodoende ’n beter diens aan hul kliënte te lewer en hulle geld en tyd te spaar.

Wanneer sy nie by die werk is nie, geniet Erna dit om tyd saam met haar man en vier kinders deur te bring. “Ons hou van buite wees in die natuur, braai met familie, kleinkinders en vriende. Visvang en bootry, asook die see, hou vir my ’n bekoring in.”

Get in touch: 082 452 9014

Advertisement